GEBORE
27 Des. 1878
OORLEDE
12 Des. 1955
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1910
ORDEN
1911
standplase
1913 Aliwal-Noord Spoorwegsending, O.V.S.
1946 Kolporteur
EMERITEER
1937
Eerw. Hendrik Willem Lategan is op 27 Desember 1878 in Burgersdorp gebore. As seun is hy deur ‘n swaar siekbed geteister, en in daardie tyd het hy bewus geword van sy roeping. Voorlopig het hy hom as onderwyser laat bekwaam, maar na die Driejarige Oorlog het hy weer sterk bewus geword van sy roeping as sendeling. In 1910 is hy na opleiding aan die Sendinginstituut tot die evangeliediens toegelaat. Hy het agtereenvolgens die sendinggemeentes van Burgersdorp (twee jaar) en Aliwal-Noord (vyf jaar) bedien. Daarna was hy twintig jaar lank in diens van die Vrystaatse spoorwegsending tot sy aftrede in 1937. Ongeveer sewe of agt jaar daarna was hy voltydse kolporteur in die Transvaalse Kerk. Sy lewe was gekenmerk deur nederigheid en toewyding in die diens van die Meester. Hy is op 12 Desember 1955 oorlede.