Landman, Johan Christoffel

 

GEBORE

10 Jul. 1927

OORLEDE

01 Apr. 2007

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1952

ORDEN

1953

standplase

1953 Woodstock

1957 Moria

1962 Barrydale

EMERITEER

 –

Ds Johan Landman (BA) (10/07/1927 – 01/04/2007)

Johan Christoffel Landman is op 10 Julie 1927 in Steytlerville gebore, waar sy vader, Christoffel Johannes Landman, met angorabokke geboer het. Johan se moeder is oorlede toe hy drie jaaroud was, en daarna is sy pa drie keer weer getroud. Johan is met liefde deur ma Baby grootgemaak. “As jong seuns moes Johan en sy boeties werkies doen om die gesin te help oorleef. Op Sondae het hy op Steytlerville die kerkklok gelui en die kerkorrel gepomp.” Johan het sy skoolopleiding op die plaasskool Doringvlei in die distrik begin en in 1945 aan die Hoërskool Carel du Toit op Steytlerville gematrikuleer.

Na matriek het Johan twee jaar lank saam met sy broer Petrus by General Motors se fabriek in Port Elizabeth gewerk, en daarna ook by die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens, ook as gesondheidsinspekteur. Sy dogter Ronël skryf: “En dis hier waar hy op ‘n dag teenoor sy jonger broer Petrusgenoem het dat hy geroepe voel om teologie te gaan studeer. En tot altwee se verbasing het Petrusop daardie dieselfde tydstip ook die roeping ervaar om hom as predikant tebekwaam. Petrus is Stellenbosch toe. Hy het sy studies voltooi en was jare lank leraar in die NG Kerk – veral in gemeentes in die Oos-Kaap. Hy het later ‘n doktorsgraad in die Ou Testament verwerf en het ook by die Universiteit van Port Elizabeth gedoseer. Johan is egter Wellington toe vir sy studies, hy het geroepe gevoel om sendeling te word. Hy het ‘n “donkie” geword, die erenaam wat aan die studente van die Sendinginstituut gegee is.”

Boet, soos hy bekend gestaan het, het in 1948 sy studies aan die Hugenote-Universiteitskollege op Wellington begin, en is op 26 November I 952 gelegitimeer.

Op I I Apri I 1953 is ds.lohan met handopleg- ging in die NG Sendinggemeente Woodstock ontvang en bevesi ig. Johan is op 11 Februarie 1956 getroud niet Susanna Maria Elizabeth (Elize) Mool nian van I Šaardskeerdersbos in die

Overberg, ‘n verpleegkundige, wat ook ‘njaar lank in Friedenheim op Wellington gestudeer het. Daama het sy as sendeling-verpleegster by Isimela in die Transkei gewerk. In 1958 het Johan ‘n sendeling te Moira in Ravensmead geword. Hierna het die gesin se pad na die NG Gemeente Barrydale geloop, waar hy van 1962 tot 1964 met oorgawe in die platteland die Here gedien het. Die beroep na die NG Sendingge- meente SA Gestig te Langstraat in Kaapstad het in 1964 nuwe eise gebring. Sy dogter, Ronel skryf: “Die gemeentelede het uit die Skier- eiland gekom, maar die meeste was inwoners van Distrik Ses. Tydens sy bediening in SA Gestig het hulle die tradisie begin om op die eerste lente Sondag die hele kerk met blomme te tooi. Dit was baie besondere mense aan wie die leraarspaar baie geheg geraak het. Dit was ‘n uiters hartseer en bewoë tyd om as leraar die gedwonge verskuiwing van die meeste lidmate van die gemeente na die Kaapse Vlakte mee te maak. Dit was nooit maklik om as`sendeling” ‘n brugfiguur tussen gemeenskappe te wees nie. Dit het ‘n bepaalde eensaamheid gebring. In hierdie tyd het die lidmate ingeskakel by die NG Sendinggemeente Belhar. Hy was ‘n regte eerwaarde. En deurentyd moes hy sy sommetjies, soos hy ‘n begroting genoem het, haar fyn uitwerk.

“Hulle (Ronel se ouers) het hulle voluit aan die bediening toegewy. Saam het hulle getrou huisbesoek gedoen. ln die Sendingkerk was dit ook die gebruik om gereeld nagmaal aan huis van bejaardes cn siekes te gaan uitdeel. Met ‘n kostelike klein nagmaalstelletjie in ‘n tassie het hulle oordie hele Skiereiland gery om eensames en siekes met die Woord, die tekens van die heil en met gebede te gaan bedien.”

Johan ën Elize se bedagsaamheid, deernis en sensitiwiteit teenoor mense wat min het, het ‘n blywende indruk op sy kinders, kleinkinders, vriende en kennissegemaak. Hul le hetuitgereik na die geringstes. Die Here sal voorsien, was hulle leuse, hulle wou graag uit hulle harte aan ander uitdeel. Kerstyd is groot moeite gedoen om “n Kersboom in die kerkgebou op te rig, en elke kind het ‘n geskenk gekry. Oujaarsaand het hulle die tradisionele gebruik gevolg om strikkies uit te deel aan diegene wat in die jaar ‘n gel iefde verloor het. Op Lentesondag is die blomme aan siek en eensames uitgedeel.

Na ‘n besondere geseënde tyd in die Sendingkerk is ds Johan Landman op 1 Maart 1975 as leraar van die NG Gemeente Ruyterwacht, “n behoeftige gemeenskap, bevestig. Op 31 Januarie 1988 het hy emeritaat aanvaar en op Sandbaai naby Hermanus gaan woon. Hy het sy aftreehuis Samuel genoem, ‘n bevestiging van hulle nederige geloof in God se voorsiening. Ds Johan en Elize was ‘n span wat kon saamwerk en was onafskeidbaar, daarom is dit genade dat hulle kort na mekaar oorlede is. Op 1 April 2007 het ds Johan gesterf, en ‘n bietjie minder as ‘n jaar later, op 2 Februarie 2008, is Elize oorlede. Ds Pierre Bosman, ‘n jare lange huisvriend, het beide se troosdienste uit Ps 131 gelei.

Uit ds Johan en Elize Landman se huwelik is twee dogters gebore, Ronêl en Esmë. Ronêl is getroud met dr Gideon van der Watt, PSD vir sending in die Vrystaat met standplaas die NG Gemeente Berg-en-Dal. Esmê is getroud met Swannie Swanepoel en hulle het ‘n seun Frikkie.

Na hulIe afsterwe het sy kinders op vergeelde getuigskrifte van Johan afgekom. Mnr CJV Fourie, hoof- prin-Qre assistent, het hom op 10 Desember 1945 as “stil, hardwerkend, eerlik en voorbeeldig” beskryf. Die getuigskrif van sy dosent, ME Ventris, op 17 Mei 1949 het Johan beskryfas `°n student met integriteit, stil, gentleman, uiters hardwerkend”. Dit is hoe ds Johan en Elize Landman onthou sal word.