GEBORE
8 Jul. 1923
OORLEDE
4 Aug. 1981
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1956
ORDEN
1957
standplase
1957 Epping-Wes
1960 Mosselbaai
1962 Herbertsdale
1965 Noupoort
1968 Bellville
1974 Hermanus
15 Des. 1978 Uitenhage
EMERITEER
–
Ds Gert Johannes Lamprecht (8.7.1923 – 4.8.1981) is as leraar van die belangrike Oos-Kaaplandse gemeente Uitenhage plotseling daar aan ‘n hartaanval oorlede. Hy is op Rondevlei in die distrik George gebore en daar geniet hy ook sy laerskoolopleiding. Nadat hy st aan die Outeniqua-Hoërskool op George voltooi het, moet hy gaan werk. Hy ontvang egter ‘n duidelike roeping tot die evangeliebediening, met die gevolg dat hy na agt jaar na sy ou skool terugkeer en ter wille van die regte vakkeuse weer met st 7 begin. In sy matriekjaar is hy hoofseun van sy skool. Sy universiteits- en teologiese opleiding ontvang hy op Stellenbosch en einde 1956 word hy gelegitimeer. Sy eerste gemeente was Epping-Wes waar hy 4.5.1957 bevestig is en daarna staan hy in Mosselbaai (1960); Herbertsdale (1962); Noupoort (1965); Bellville (1968); Hermanus (1974) en Uitenhage (Desember 1978); Gedurende sy dienstyd in sy laaste gemeente is hy deur die Administrateur tot lid van die Hospitaalraad van Uitenhage benoem. Almal wat hom gehoor het, is deur sy besonder kragtige stem getref en daarby het hy as getroue herder uitgemunt. (Jaarboek 1983/264).