Kunav (1927)

Die laaste sendingstasie wat in die pionierstyd aangelê word, is Kunav, in ‘n baie  digbevolkte deel van Suid-Tiviand. Ds. G. de Vos begin op die nuwe stasie teen die einde van 1927 en in Junie 1928 kan mev. De Vos en hul twee kinders, Kietie en Wouter, by hom aansluit. Van die begin af is daar goeie bywoning van die kerkdienste (Bron: Cronje, J.M. 1981. Aan God die dank. p. 248).