Kriel, David Jacobus

 

GEBORE

OORLEDE

27 Des. 1957

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1949

ORDEN

1950

standplase

Madzimoyo;

1952 Nyanje

1955 Hofmeyr (Sending N.R.)

1957 Madzimoyo

EMERITEER

Ds. David Jacobus Kriel is in 1949 gelegitimeer en het die volgende jaar na die sendingveld in Noord-Rhodesië gegaan. Eers het hy op Madzimoyo gearbei, daarna is hy in 1952 as stasiehoof na Njanje verplaas, en in 1955 na Hofmeyr. Hy was ‘n man wat op besondere wyse toebedeel was met gawes van hoof en hart. Spoedig is hy verkies tot sekretaris van die Sendingraad. Later het hy ook redakteur geword van die amptelike kerkblad „Muuni” en dit tot sy dood gebly. In Junie 1957 is hy gekies tot Scriba van die Sendingsinode, en net daarna is hy aangestel as mededosent aan die Teologiese Skool op Madzimoyo. By sy heengaan was hy besig met ‘n kommentaar oor die briewe van Paulusaan die Thessalonicense, meer bepaald bedoel vir die studente aan die Teologiese Skool. Op 27 Desember 1957 is hy in die jeugdige ouderdom van slegs 31 jaar skielik oorlede aan ‘n akute aanval van poliomiëlitis.