Kriek, Jacobus Andries Johannes

Gebore

12 Nov. 1923

Oorlede

10 Feb. 2008

Universiteit

B.A.

Gelegitimeer

1950

Orden

1951

Standplase

1951 Melsetter

1959 Ogies

1964 Hopefield

1969 Saldanha-Militêr

Emeritus

30 November 1983

Jacobus Andries Johannes (Koos) Kriek is op 12 November 1923 op ‘n plaas in die distrik Frankfort gebore. Sy vader was Johan Gottlieb Kriek en sy moeder Magdalena Scheepers. Koos het sy skoolopleiding in 1930 op die plaasskool Hartebeesfontein in die distrik Frankfort begin, en het in 1941 aan die Hoërskool Frankfort gematrikuleer. Van 1942 tot 1944 het hy by die tuinbou-afdeling van die Parkeraad van die munisipaliteit op Brakpan gewerk.

Die roeping oin predikant te word het in die tyd so sterk geword dat hy einde 1944 vertrek het na die Universiteit van Stellenbosch. Hy het in 1946 die graad BA-Admissie ontvang en daarna aan die Teologiese Seminarium gestudeer. Aan die einde van 1950 is hy as proponent van die NG Kerk gelegitimeer en het hy ‘n beroep na die NG Gemeente Melsetter in die destydse Suid-Rhodesië ontvang, waar hy op 15 September 1951 met handoplegging ontvang en bevestig is. Daar het hy ook gedien in die bestuur van die Bothasig-skool in Salisbury.

Op 19 Januarie 1952 is hy met Helena Burger getroud, en hulle is met drie kinders geseën: Johan, Marius en Kobus.

Op 31 Maart I 959 het hy leraar van die NG Gemeente Ogies in die Oos-Transvaal geword, en op 6 Junie 1964 is ds Koos Kriek in die NG Gemeente Hopefield aan die Weskus ontvang en bevestig. Na vyfjaar op Hopefield het hy ‘n beroep aanvaar na die NG Gemeente Saldana- Militër, waar hy op 18 Julie 1969 as leraar bevestig is. Op die breë kerklike en sinodale terrein het hy in die AJK, ASK, SKLAS, SJK en die Kieskollege van die Kweekskool van die NG Kerk op Stellenbosch gedien.

Hier het ds Koos uitstekende werk onder lede van die vloot gedoen en het hy verskeie beroepe ontvang wat hy bedank het. Jongmense en dienspligkapelane het opgekyk na hom vir leiding. Na ‘n dienstyd van I 4 jaar het hy op 30 November 1983 emeritaataanvaar. Hy en Helena het op Saldanha aangebly waar hy soms in buurgemeentes uitgehelp het. Op 10 Februarie 2008 is ds Koos Kriek onverwags oorlede. ‘n Roudiens is in die plaaslike gemeente gehou, ‘n waardige groet aan ‘n man wat altyd sy beste vir die Here gelewer het.