Kotze, Christiaan Rudolph

 

GEBORE

Jan. 1881

OORLEDE

25 Des. 1950

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1910

ORDEN

1911

standplase

Salisbury

21 Apr. 1916 Dutoitspan

1918 Tarkastad

1921 Heidelberg K.P.

1929 Rietfontein

1934 Bloemfontein

EMERiTUS

1947

Ds. Christiaan Rudolph Kotze is in Januarie 1881 op Piketberg gebore. As sewentienjarige seun het hy aan die Anglo-Boere-oorlog deelgeneem en in 1900 gewond, gevange geneem en na St. Helena. gestuur alwaar hy besluit het om predikant te word. Hy is in 1910 gelegitimeer as leraar van Salisbury. In 1916 het hy ‘n beroep na Dutoitspan aanvaar en na twee jaar een na Tarkastad. In 1921 is hy na Heidelberg (Kaap) waar hy werksaam was totdat hy in 1929 ‘n beroep na Rietfontein aangeneem het. Eindelik is hy in 1934 na die gemeente Bloemfontein waar hy werksaam was tot 1947, toe hy sy emeritaat aanvaar het. As lid van talle kerklike kommissies en as Vrystaatse medewerker van Die Kerkbode het hy ‘n belangrike rol in die kerklike lewe van Suid-Afrika gespeel. Tereg is hy beskrywe as “die man met die profetiese blik, die helder stem en die suiwer stempel, die man van koers en vaste rigting, die man van staal met die teer gemoed en ware priesterhart.” Hierdie stoere kerkleier is op Kersmôre 1950 oorlede.