Koornhof, Anthonie Michiel Holtzhausen

 

GEBORE

19 Sept. 1913

OORLEDE

5 Jun. 1961

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1937

ORDEN

1938

standplase

Uniondale

1945 Verdere Studie

1947 Vredefort; 1951 Alg. Org. van die Vereniging vir Hoër Onderwys op Christelike Grondslag

EMERiTUS

Dr. Anthonie Michiel Holtzhausen Koornhof is op 19 September 1913 gebore. Na sy legitimasie in 1937 het hy predikant geword van die gemeente Uniondale. Nadat hy in 1945 hom aan verdere studie gewy het, het hy van 1947 af die gemeente Vredefort bedien, totdat hy in 1951 die organiserende sekretaris van die Vereniging vir Christelike Hoër Onderwys geword het. Dit was ‘n saak waarvoor hy hom met hart en siel beywer het: hoër onderwys op Christelike grondslag, die grondslag van Gods Woord. Hy is skielik oorlede op 5 Junie 1961, in die betreklik jeugdige ouderdom van 47 jaar.