Kok, Leon

 

GEBORE

05 Mei 1959

OORLEDE

01 Des. 2003

UNIVERSITEIT

(BA, BD)

gelegitimeer

ORDEN

standplase

EMERiTUS

Leon Kok is op 5 Mei 1959 op Tzaneen in die Transvaalse Laeveld gebore. Hy was die naasjongste van vyf kinders. In 1961 het die gesin na die plaas Leeuwpoort in die distrik Nylstroom verhuis waar Leon gelukkige kinderjare beleef het. Hy het sy skoolopleiding eers op ‘n plaasskool en daarna op Nylstroom ontvang. Hy het ook in die Transvaalse Jeugkoor gesing en in sy matriekjaar het die groep in Europa getoer, ‘n wonderlike geleentheid. Na matriek in 1976 het Leon ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer. In sy tweede jaar het die Here hom vir die Evangeliebediening geroep.

Aangesien Leon nog sy weermagopleiding moes ondergaan, het hy vir vyf jaar by die Gevangenisdiens aangesluit. In 1980 is hy as nagwag by die gevangenis in Pretoria aangestel. Dit het hom in staat gestel om bedags klas te draf en snags te werk. So het hy toelating gekry tot die Teologiese Fakulteit in Pretoria. Die tyd aan die Fakulteit Teologie (Afdeling B) aan die Universiteit van Pretoria was vir Leon wonderlike jare, hy was intens betrokke by die Jeugaksie van die kerk en ondervoorsitter van die UKJA, die studente se jeuggroep. In die tyd het hy Hester Bohnen ontmoet, ‘n BA-student in die Opvoedkunde, met wie hy later in die huwelik getree het.

Leon is aan die einde van 1986 gelegitimeer en het hom geroepe gevoel om ‘n jaar lank betrokke te wees by die Kerklike Aksie Noodhulp in Pretoria, onder leiding van ds. Eddie Bruwer. Einde 1987 het hy na Durban verhuis, waar prop Leon Kok op 27 Maart 1988 met handoplegging bevestig is in die NG Gemeente Durban – in die omgang bekend as die Smithstraat-gemeente. Ds. Leon en Hester Kok het nog dieselfde jaar getrou en saam het hulle ‘n wenspan gevorm. Die jong leraar se opdrag was Middestadbediening en Evangelisasie. Dit was wonderlike jare waar die egpaar saam baie hard gewerk het. Onder hulle leiding is daar ook ‘n Straatwerkgroep gestig wat steeds (tot Mei) van my pa se lewe is hy in die mediese versorgingseenheid op Somerset-Oos opgeneem. Hy was baie verswak en bedlêend. My ma het ook na ‘n woonstel in die dienssentrum getrek. Hulle was geseënd om ongeveer 20 jaar ra aftrede in hulle huis saam te bly. Op 29 Januarie 2004 was hulle 60 jaar getroud.”

Op 8 Mei 2004 het ds. Casper Heunis in die geseënde ouderdom van 88 jaar gesterf. Sy roudiens en teraardebestelling het op 11 Mei 2004 op die familieplaas, De Klerksdal, plaasgevind. Ds. Dirk van Dyk het die Woord uit Ps. 116: 7 bedien. – Dr Gerdrie van der Merwe.