Kock, Frans Adriaan

 

GEBORE

6 Sep. 1918

OORLEDE

19 Jan. 1976

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1944

ORDEN

1945

standplase

1945 Bloemfontein (Hpr.)

1946 Bloemfontein

1949 Monument

Ds Frans Adriaan Kock (6.9.1918 – 19.1.1976); uit Petrusburg afkomstig; word 1944 tot die bediening toegelaat, nadat hy aan die ou UKOVS en aan die Stellenbosse Kweekskool gestudeer het. Desember 1945 aanvaar hy sy bediening as hulpprediker in die gemeente Bloemfontein. Ses maande later word hy medeleraar van wyle ds CR Kotzé aldaar en toe Monument September 1949 van Bloemfontein afstig, word hy as eerste leraar van die nuwe gemeente beroep. Onder moeilike omstandighede pak hy die geestelike en stoflike bouwerk aan en onder sy leiding en bearbeiding kan Monument heel gou sy plek in die ry van stadsgemeentes volstaan. Hier werk hy in stilte maar met groot erns en toewyding tot sy heengaan na ‘n operasie in ‘n Bloemfonteinse hospitaal. Skrifverkondiging bly vir hom sy eerste en vernaamste taak. Verder verdiep hy hom onvermoeid in die studie van die teologie en van kerklike aangeleenthede en uit sy pen verskyn daar dan ook talle briewe en ander bydraes in ons kerklike tydskrifte – baie waarvan tot ‘n vrugbare gedagtewisseling lei. Ten tyde van sy heengaan was die laaste van ‘n trilogie oor “Die Lydende Christus” uit sy pen juis voltooi, terwyl hy selfs in die hospitaal nog aan ‘n beryming van die Heidelbergse Kategismuswerk. Hy was ‘n jonger broer van prof dr P de B Kock, vroeër leraar van Magaliesberg en Waterbron. (Jaarboek 1977/311).