Koch, Johann Augustinus * 1902

 

GEBORE

26 Apr. 1902

OORLEDE

10 Mrt. 1981

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1927

ORDEN

1928

standplase

1928 Witbank

1931 Waterberg

EMERITEER

1938

 

Dr Johann Augustinus Koch (26.4.1902 – 10.3.1981) is in Pretoria oorlede waar hy as geneesheer gepraktiseer het. Hy is op Bredasdorp gebore, waar sy vader, wie se name hy gedra het, toe predikant was. hy besoek verskeie skole en ontvang sy hoërskoolopleiding op Somerset-Oos. Daarna studeer hy eers vier jaar aan die Universiteit Kaapstad en toe vier jaar aan die Kweekskool. Teen einde 1927 tree hy in die bediening en nadat hy tydelik in Mooirivier (Potchefstroom) werksaam was, word hy 14.4.1928 in Witbank bevestig. Vanaf Desember 1931 bedien hy Waterberg. Dit is in die uiters moeilike depressiejare en mense het waardering vir sy belangstelling en ywer in verband met armesorgwerk en die opvoeding. Op 11.9.1938 aanvaar hy sy emeritaat om hom aan die Universiteit Kaapstad as medikus te bekwaam. In 1944 studeer hy af en toe open hy in Kaapstad ‘n private praktyk, voordat hy hom later in Pretoria gaan vestig. (Jaarboek 1982/258).