Klem, Hermanus Johannes

 

GEBORE

17 Okt. 1920

OORLEDE

4 Okt. 1979

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1945

ORDEN

1946

standplase

 1946 Marydale

1948 Douglas

1954 Loxton

1962-1963 Organiseerder van die Christelike Lektuurfonds

1963 Elliot

1967 Otjiwarongo

1974 Witbank-Suid

10 Mrt. 1979 Merlindale

EMERITEER

Ds. Hermanus Johannes (Herman) Klem (17.1O. 1920 – 4.10.1079) is skielik oorlede in die pastorie van die gemeente Merlindale waar hy slegs ses maande vantevore bevestig is. In sy studentejare op Stellenbosch speel hy veral in die destydse Christen studentevereniging ‘n leidende rol. Einde 1945 gelegitimeer, word hy 27.4.1946 in Marydale bevestig. Daarna bedien hy Douglas (1948) en Loxton (1954); Nadat hy ‘n rukkie (1962-1963) organiseerder van die Christelike Lektuurfonds was, staan hy in Elliot (1963); Otjiwarongo (1967) en Witbank-Suid (1974); totdat hy 10.3.1979 leraar van Merlindale word. Hierdie gemeente se nuwe kerkgebou, kerksentrum en pastorie is kort voor sy heengaan voltooi en op 20 Oktober amptelik in gebruik geneem. Hy was ondervoorsitter van die Noord-Transvaalse Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid. As ‘n man van die daad wat vol lewenslusen ywer gearbei en elke geleentheid so goed hy kon, gebruik het, was hy ‘n voortreflike arbeider in die wingerd van die Hemelse Landbouer. (Jaarboek 1981/254).