Keller, Melgard Johannes

 

GEBORE

4 Des. 1912

OORLEDE

1 Aug. 1979

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1956

ORDEN

1957

standplase

1957 Ventersdorp

1959 Vergelegen

1962 Prins Albert

1968 Groot-Brakrivier

27 Jul. 1974 Grahamstad

EMERITEER

Ds Melgard Johannes Keller (4.12.1912 – 1.8.1979); ‘n seun van die gemeente Oudtshoorn, is na ‘n kort siekbed oorlede as leraar van Uitenhage-De Mist waar hy slegs sowat ‘n jaar en tien maande werksaam was. Nadat hy etlike jare in die onderwys gestaan het, gaan hy na Stellenbosch om hom as predikant te bekwaam en na sy toelating tot die bediening 1956, word hy 25.5.1957 as leraar van Ventersdorp bevestig. Daarna bedien hy die gemeentes Vergelegen (1959); Prins Albert (1962); Groot-Brakrivier (1968) en Grahamstad (1974); alvorens hy Oktober 1977 na Uitenhage-De Mist gaan. As ware sielesoeker het hy hom steeds vir die terugkeer van die verlore en afgedwaalde skape na die kudde van die Goeie Herder beywer. (Jaarboek 1980/245).