Keet, Daniel Johannes

Ds. Keet Daniel

GEBORE

30 Apr. 1888

OORLEDE

20 Apr. 1961

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1918

ORDEN

1919

standplase

Bethlehem (Hpr.)

1920 Pretoria-Oos

1938 Prof. Teol. Fakulteit, Pretoria

1953 Emeritus

1956 Argivaris, Tvl. Kerk; 20 Apr.

EMERITEER

1953

Prof. Dr. Daniel Johannes Keet is op 30 April 1888 gebore. Hy het eers in Engeland en daarna aan die Vrye Universiteit in Amsterdam sy opleiding ontvang. ln 1919 het hy hulpprediker in die gemeente Bethlehem geword. In 1920 het hy predikant van die pasgestigte gemeente Pretoria-Oos geword. Met die totstandkoming van die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit van Pretoria in 1938 is hy aangewys as professor in Kerkgeskiedenis en Kerkreg, in watter hoedanigheid hy sestien jaar gedien het, tot sy emeritaat in 1953. Van 1956 af het hy as argivaris van die Transvaalse Kerk gedien, tot sy oorlye op 20 ApriL. 1961, in die ouderdom van 72 jaar.