
GEBORE
30 Des. 1847
OORLEDE
25 Jan. 1932
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1871
ORDEN
1872
standplase
Victoria en Peddie
1878 Uniondale
1893 Riversdal
1897 Noorder-Paarl
EMERITEER
1917
Ds. Willem Adolph Joubert.: Geboren 30 Dec. 1847, op de plaats “Bij den Weg,” Stellenbosch Kloof, aangelegd door een kleinzoon van den Hugenoot Pierre Joubert. Vader Willem Adolph Joubert; moeder Gertruida Neethling, zuster van wijlen Ds. Neethling, Stellenbosch. Op school te Stellenbosch en daarna student aan’t Z.A. College en’t Theol. Seminarie, Stellenbosch. Gelegitimeerd 9 Nov., 1871. Bediende Victoria en Peddie (1872); Uniondale (18781, Riversdal (1892) en Noorder Paarl (1897); waar hij nog staat. Onder zijn leiding werden gebouwd Kerkgebouwen te Fort Peddie, Alice, Uniondale en Noorder Paarl. Deed in 1885 een reis in Europa op verzoek en in gezelschap van “Onze Jan.” Was collectant voor de Normaal School en’t Hug. Gedenkteeken Fonds. Heeft steeds veel voor de opvoeding. geijverd en door zijn toedoen is o.a. het fraaie Hugenoten Seminarie, Paarl, gebouwd. Heeft de Kerk op vele Commissien gediend, b.v., die voor Onvoeding’t Kerkekantoor, de Admissie en Prononents Examens’t Opl. Instituut, de Nornmal School en’t Theol. Seminarium.
Ekstra:
Ds. Willem Adolph Joubert is 30 Desember 1847 op die plaas Bij-den-Weg in Stellenbosch-Kloof gebore. Dis ‘n ou famielieplaas wat aangelê was deur ‘n kleinseun van die Franse Hugenoot Pierre Joubert. Hy het die naam van sy vader gedra en sy moeder was ‘n suster van Ds. JH Neethling van Stellenbosch. Op skool te Stellenbosch en daarna student aan die S.A. Kollege, Kaapstad, en Teologiese Kweekskool, Stellenbosch. Gelegitimeer 9 November 1871. Leraar van die volgende gemeentes: Victoria-en-Peddie (1872); Uniondale (1878); Riversdale (1892) en Noorder-Paarl (1897); Onder sy leiding het kerkgeboue op Fort Peddie, Uniondale en Noorder-Paarl tot stand gekom. In 1885 het hy ‘n reis in Europa gedoen op versoek en in geselskap van sy swaer, Ed. JH Hoftmeyr (Onse Jan); Hy was ‘n ywerige kollektant vir die fondse van die Normaalskool en die Hugenote-Gedenkteken, en het gedurende sy hele ampsbediening baie geywer vir die opvoeding, waarvan die fraai Hugenote-Seminarie in die Paarl een bewys is. Aan die Kerk het hy uitmuntende dienste bewys op velerlei gebied, waarvoor as bewys genoem kan word sy lidmaatskap op die volgende belangrike kommissies: Opvoeding, Kerkkantoor, Admissieen Proponentseksamens, Normaal-skool, Opleidingskool, Kweekskool. Sy prediking was steeds gekenmerk deur deeglike, eksegetiese en dogmatiese voorbereiding. In alles wat hy in sy amptelike werk gedoen het, het hy hom op deeglikheid en netheid toegelê. Sy netheid het sig geopenbaar in sy kleding, handskrif, spraak en woordkeus, in sy preekstyl, ja in geheel sy optrede. In 1917 het hy, sewentig jaar oud, sy eervolle emeritaat aanvaar en hom in die Kaapstad ter woon neergesit en verantwoordelik gestel vir die geestelike versorging van die bewoners van die Dorkahuis en van die pasiënte van die Diakoneshospitaal. In 1930 het hy na Stellenbosch verhuis en van daar op 25 Januarie 1932 na sy hemelse en ewige woning.
Ds. Willem Adolph Joubert (plaas Bij den Weg, Stellenbosch, 30 Desember 1847 Stellenbosch, 25 Januarie 1932) was ‘n predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en ‘n skrywer van Christelike boeke vir kinders.
Joubert het tot sy elfde jaar op die plaas onderwys ontvang by sy tante. Daarna het hy verskillende skole besoek totdat hy in 1865 na die S.A. Kollege in Kaapstad gegaan het. Die volgende jaar is hy na die Gimnasium op Stellenbosch wat toe opgerig is en waaruit ook die Victoria-kollege gespruit het. Nie lank daarna nie het hy sy admissie-eksamen vir die Kweekskool afgelê en op 9 November 1871 is hy gelegitimeer.
Ds. Joubert het die volgende gemeentes bedien: Victoria-en-Peddie (1872); Uniondale (1878); Riversdal (1892) en Noorder-Paarl. Op 70-jarige leeftyd het hy in 1917 sy emeritaat aanvaar en hom in Kaapstad gaan vestig waar hy die geestelike versorging van die bewoners van die Dorkas-huis en van die pasiënte van die Diakones-hospitaal op hom geneem het. In 1930 het hy na Stellenbosch verhuis, waar hy oorlede is.
In 1873 is ds. Joubert getroud met Rijkie Sophia Hofmeijr, die derde suster van Onze Jan Hofmeyr. Saam met sy swaer het hy in 1885 ‘n reis na Europa onderneem. Hy was ‘n ywerige kollektant van fondse vir die Normaalskool en die Hugenote-Gedenkteken, en het gedurende sy hele ampsbediening baie geywer vir die opvoeding, waarvan die Hugenote-Seminarie in die Paarl ‘n bewys is. Aan die Kerk het hy uitmuntende diens bewys en hy was lid van ‘n groot aantal kommissies.
Sy kanselarbeid het altyd getuig van grondige voorbereiding. In keurige Nederlands het hy sy boodskap aan die gemeente gelewer. Hy was ‘n man tot wie die jongere predikante altyd graag opgesien het. Ruim was hy ook van blik wat die taal betref. Die taalvorm wat op die kansel en in sy korrespondensie gebruik het, was Nederlands, maar vir kinders het hy in Afrikaans geskryf, soos die Bybelse prenteboek vir die Afrikaanse kinders (1929) in ses dele, en Groot Bybelse prenteboek (1923).
Bronne [wysig]
Nienaber, P.J. 1949. Hier Is Ons Skrywers! Biografiese Sketse van Afrikaanse Skrywers. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.