Gebore
9 Aug. 1873
OORLEDE
26 Jul. 1948
UNIVERSITEIT
Sendinginstituut
GELEGITImeer
1900
ORDEN
1906
STANDPLASe
1918 Philipstown
1920 Friemersheim
EMIRITEER
1944
Hy is op 9 Augustus 1873 te Graaff-Reinet gebore. Na sy teologiese opleiding te Wellington is hy in Maart 1900 gelegitimeer. In die tyd is sendelinge nie dadelik georden nie, hoewel hulle na die sendingveld gegaan het. Hy is in 1900 na Nyasaland maar hy is eers in 1906 georden. Gedurende die tydperk 1914-1918 was hy in die Transvaal werksaam. Hierna het hy die gemeente Philipstown tot 1920 bedien toe hy ‘n beroep na Friemersheim aangeneem het. Na ‘n bediening van byna 24 jaar het hy in 1944 sy emeritaat aanvaar. Hy was getrou in sy arbeid en met groot toegewydheid het hy in diens van sy Meester net een doel voor oë gehad, naamlik om Hom te verheerlik en siele tot Jesus te lei. Hy het op 26 Julie 1948 die tyd met die ewigheid verwissel.