Joubert, Jacobus Marthinus

 

GEBORE

OORLEDE

19 Okt. 1951

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1908

ORDEN

1912

standplase

Masjonaland

EMERITEER

1943

Eerw. Jacobus Marthinus Joubert het as krygsgevangene op St. Helena besluit om sendeling te word. Hy is in 1908 gelegitimeer en in 1909 het hy met sy vrou en kindjie na Mashonaland vertrek waar hy in 1912 bevestig is. Gedurende die 35 jaar was hy in Mashonaland werksaam was het hy op die volgende sendingstasies gearbei: Pamushana, Harawi, Jichidza, Morgenster en Fort Victoria. Op laasgenoemde stasie het hy 31 jaar gestaan en die naturelle in die Zimutu reserfaat, op Mashaba en op Shabani-myn bearbei. In 1943 moes hy weens swakke gesondheid sy emeritaat aanvaar. Hy is op 19 Oktober 1952 in die hospitaal te Bulawayo oorlede. Van hom kan tereg gesê word dat hy een van die pionier-sendelinge van ons Kerk was, met ‘n lewe van diens aan die sendingsaak in Mashonaland.