
GEBORE
24 Nov. 1906
OORLEDE
1 Jan. 1962
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1936
ORDEN
1941
standplase
1940 Porterville (Hpr.)
1941 Reis. Sekr. Chr. Strewers
1941 Jeppestown
1944 Bezuidenhoutsvallei
1948 Parys
1953 Grahamstad
1957 Riversdal
1962 Universiteit Fort Hare
EMERITEER
–
Prof Hendrik Ludolph Neethling Joubert, MA, MTh, ThD, (14.04.1910-20.07.1992); Prof Hennie Joubert, voormalige professor aan die Universiteit van Fort Hare, is op 20 Julie 11 ‘n kort siekbed oorlede op Somerset-Wes.
Prof Joubert het onder meer aan die Universiteit van Stellenbosch, Princeton se Teologiese Seminarie in Amerika, die Universiteit van Tilbingen en die Vrije Universiteit van Amsterdam, gestudeer. Hy was lank reisende sekretaris van die Christelike Strewersunie en onder meer leraar in Jeppestown, Bezuidenhoutvallei, Parys, Grahamstad en Riversdal. Prof Joubert was ook lid van die Kuratorium van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch, lid van die Kommissie van Eksaminatore van die Teologiese Fakulteit van die Univiersiteit van Pretoria en lid van die Sinodale Kommissie van die Sinode van Oos-Kaapland. Prof Joubert het in 1962 professor in Nuwe-Testamentiese Studies en Pastorale Teologie aan die Universiteit van Fort Hare geword.
‘Na sy aftrede in 1975 was hy aktief in gemeentes en het ook as lektor aan die Universiteit van Wes-Kaap¬land en die Universiteit van Bloemfontein afgelos. Hy was Fakulteitslid van die Suid-Afrikaanse Akademie (1964); In 1977 neem hy waar in die gemeente Riversdal. In 1978 het hy ‘n ligte hartaanval gehad en is hy in die Volkshospitaal opgeneem.
Hy was ‘n mooi man met ‘n forse .gestalte en ‘n geseënde Nuwe Testamentikus. Hy sal nog lank onthou word. Sy proefskrif het gehandel oor: “Die roeping, sending en sendingbewussyn van die Nuwe-Testamentiese aspostels.” Sy doktorsgraad het hy in 1939 aan die Vrije Universiteit van Amsterdam verwerf.