gebore
2 April 1958
oorlede
27 Maart 2019
universiteit
BA, BTh (US)
gelegitimeer
1983
ORDEN
1986
standplase
1986 Vredenburg
1989 Koedoesrand (Swartwater)
DS WIMPIE HEINRICH OTTO JORDT (BA, BTh) 2 April 1958 27 Maart 2019
Wilhelm Heinrich Otto Jordt is op 2 April 1958 gebore in Rustenburg. Hy dra die naam van sy vader WHO Jordt, ‘n skofbaas in die myn. Sy moeder is Johanna Kleynhans de Jager, ‘n administratiewe klerk. Wimpie begin sy skoolopleiding aan die Laerskool Kafferskraal by Marikana en is ook leerling by die Noordskool en Vastrapskool te Rustenburg. Hy matrikuleer in 1975 aan die Hoërskool Bergsig in Rustenburg. In sy skooljare presteer hy in sport, dien op die leerlingraad en is lid van die Voortrekkers op Rustenburg.
Wimpie voel geroepe om predikant te word en verwerf in 1978 die BA (Admissie) aan die Universiteit van Pretoria. Hierna loop Wimpie se pad na Stellenbosch waar hy die BTh-graad in 1982 aan die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy trou op 9 Julie 1983 met Ronel Niksch en uit die huwelik is drie kinders gebore: Lidia (1987) en ‘n tweeling Melanie en Heinrich (1989).
Prop Wimpie Jordt word op 18 April 1986 met handoplegging in die NG Gemeente Vredenburg aan die Weskus met handoplegging ontvang en bevestig. Hier werk hy tot hy op 12 Februarie 1989 bevestig word in die NG Gemeente Koedoesrand by Swartwater in die Bosveld.
Wimpie Jordt is op Woensdag 27 Maart 2019 onverwags oorlede aan ‘n hartaanval. Hy is op 2 April 2019, op sy een-en-sestigste verjaarsdag, vanuit sy gemeente in Swartwater begrawe. Die gedenkdiens is gelei deur dr Roelf Opperman en ds. Fritz Snyman, sy twee jarelange vriende. Daarna is Wimpie by sy seun, Heinrich, wat op tienjarige ouderdom op 10 November 2000 in ‘n frats-skietongeluk oorlede is, begrawe.
Wilma Lordan skryf: “Ons gemeenskap is in rou. Stomgeslaan, met gebroke harte en ‘n lang, donker pad wat voor18. Ons lewe is verryk deur ds. Wimpie Jordt, wat die vermoë besit het om die beste in elkeen van ons uit te bring en ons soms aan onsself voor te stel. Hy was altyd dieselfde met oud en jonk — by die kerk, huis, sportveld en om die braaivleisvure. Gewoonlik die mees plat-op-die-aarde mens in ‘n geselskap wat met enigiemand kon praat. Ek het hom sy kind sien begrawe, ek het gesien hoe hy soms voor na die oop kerkbank staar en dan het hy vir ‘n ruk stil geword en ons het dit verstaan. Ds. Wimpie Jordt het ook ons geliefdes begrawe, mense getrou, basaar gereël en almal gelukgewens met hulle verjaarsdae. Hy het altyd almal bedank, waardeer en laat spesiaal voel.” — Dr Gerdrie van der Merwe VDM (Bl. 380)