Jordaan, Marthinus Cornelus

 

GEBORE

10 Okt. 1936

OORLEDE

17 Jan. 1993

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

ORDEN

standplase

EMERITEER

Marthinus Cornelus Jordaan is op 10 Oktober 1936 in die pragtige Hermitagevallei aan die voet van die Langeberg net buite Swellendam gebore. Sy pa was Christiaan Steyn, ‘n tuiemaker, en sy ma Susara Susanna Steyn. Sy vader het later met melk en graan geboer en MC was gereeld saam met sy pa in die melkstal, daarom sy liefde vir beeste tot met sy dood. MC het sy skoolopleiding in 1943 aan die Laerskool Swellendam begin en het in 1950 ‘n leerling aan die Hoërskool Swellendam geword, waar hy aan die einde van 1954 gematrikuleer het. Hy was ‘n kranige rugbyspeler wat later as student drie jaar lank vir Maties uitgedraf het.

Sy vriend ds Pierre Jordaan vertel dat hy reeds op hoërskool dieroeping ontvang het om predikant te word. In 1956 het hy aan die Universiteit van Stellenbosch begin studeer, waar hy die BA-graad verwerf het. Hy is in 1958 tydelik as lektor in Sosiologie aangestel. Na vier jaar van studie aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch is hy aan die einde van 1962 as proponent gelegitimeer. MC is op 15 Desember 1962 met Delucia Rita Schoeman getroud en uit die huwelik is drie seuns gebore.

Ds Pierre Jordaan skryf: “As ‘n juniortjie het ek MC in 1960 leer ken as die reuse Matievoorspeler wat opponente in ‘n skrum swaar laat leefhet. Toe hy op ‘n namiddag ‘n rugbyoefening in Die Laan afgestap kom – ek in die teenoorgestelde rigting – het ek omtrent gevoel soos koning Dawid moes gevoel het toe hy die eerste keer vir Goliat aan skou het. In my gedagtes het ek loop en dink hoe so ‘n man in ‘n toga op die kansel moes lyk!”

Aan die begin van 1963 is ds MC Steyn met handoplegging in die NG Gemeente Sondagsrivier-Suid ontvang en bevestig. Tydens sy bediening is ‘n nuwe kerkgebou opgerig. In 1967 het hy leraar in die NG Moedergemeente in Durbanville geword, waar hy intens betrokke was by die restourasie van die historiese kerkgebou. In 1971 het sy bedieningspad na die NG Gemeente Mosselbaai geloop, waar hy diep spore onder die jeug getrap het. In die lente van 1971 het hy ‘n beroep na die NG Gemeente Humansdorp aanvaar, waar hy betrokke was by die afstigting van die NG Gemeente Humansdorp-Oos. Daar het hy in 1976 as eersteleraar gedien en was hy betrokke met die bou van ‘n kerkgebou. Hy het hier gewoon en werk totdat hy in 1995 emeritaat aanvaar het.

Ds Pierre Jordaan skryf: “MC was nie ‘n konvensionele dominee nie, hy het dinge op ‘n MC-manier gedoen. Vurig en passievol het hy die Woord bedien en met oorgawe die Here God verkondig en gedien. In die bediening was hy die haastige, altyd besige dominee. Hy was lief vir mense, veral vir die kinders en jongmense. Daarom was hy nommerpas in die posisie van voorsitter van die Sinodale Jeugkommissie.”

Na sy aftrede het die egpaar op sy plaas in die distrik Paterson gaan bly, waar hy met vleisbeeste geboer het. Hy is na ‘n lang lyding aan kanker oorlede en met sy afterwe op 5 Januarie 1910 was daar groot hartseer in die kerklike gemeenskap.

Sy vrou Delucia skryf: “Huisbesoek was vir hom noodsaaklik, want hy het gesê dat hy nie ‘n preek kan voorberei as hy nie weet wat in die harte en lewens van mense aangaan nie. Die een uitstaande kenmerk van sy bedieningstyl is entoesiasme. Hy het die vermoë besit om met enige mens te kommunikeer en hulle met groot deernis te beh andel . Hy was ‘nleier by uitstek met ‘n groot liefde vir die Bybel, wat hy tot sy dood toe getrou bestudeer het.” – Dr Gerdrie van der Merwe VDM