Jordaan, Johannes Petrus * 1910

 

GEBORE

22 Feb. 1910

OORLEDE

7 Sep. 1979

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1954

ORDEN

1955

standplase

1955 Riebeek-Kasteel

1961 Augrabies

1967 Diamantsveld

1970 Jacobsdal asook Sendinggemeente

EMERITEER

1975

Ds Johannes Petrus (Johnny) Jordaan (22.2.1910 – 7.9.1979) was ‘n meubelmaker voordat hy vir sy predikantsopleiding na Stellenbosch gegaan en einde 1954 op 44-jarige leeftyd tot die bediening toegetree het. Tot sy aftrede op 29.11.1975 bedien hy Riebeek-Kasteel (1955); Augrabies (1961); Diamantveld (1967) en Jacobsdal (1970); Op laasgenoemde plek was hy ook die leraar van die sendinggemeente. Hierna vestig hy hom op Kraaifontein, waar hy ook die einde van die lewensreis bereik. Hy is op Riebeek-Kasteel ter ruste gelê. (Jaarboek 1981/254).