Jansen Van Vuuren, Johannes Arnoldus

 

gebore

10 Apr. 1922

OORLEDE

27 Jul. 2008

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1952

ORDEN

1953

standplase

1953 Misgund

1958 Port Elizabeth

1962 Renosterpoort

29 Jul. 1967 Olifantsfontein

20 Februarie 1976 Villieria-Oos

23 April 1982 Burgersdorp

EMERITEER

1987

Johannes Arnolus Jansen Van Vuuren is op 10 April 1922 in die distrik Warden indieNoordoos-Vrystaat gebore. Han- sie se ouers was GerhardusStephanusJansen van Vuuren en Anna Magdalene Petronella Greyling. Hansie, of Johan soos sy vriende hom noem, was bestem om te gaan boer, maar het as 13-jarige die roeping ontvang om predi- kant te word. Hy het sy skoolopleiding aan die plaasskool Bessiesous in die distrik Warden begin, en het in 1940 aan die Hoërskool Dirkie Uys op Warden gematrikuleer.

Hansie het in 1941 BA begin studeer aan die UOVS in Bloemfontein, maar sy graad deur Unisa en die Universiteit van Pretoria voltooi. Intussen het hy onderwysaan die Heidelbergse Onderwyskollege gestudeer.

Hansie is op 4 .1 Julie 1946 mei Einna ʼn onderwyseres, getroud. Hulle het mekaar as onderwysstudente ontmoet. Hulle het ses seuns: Gerhard, Johan, A mold, Christo (pred kant van die NG Gemeente Sesmylspruit in Centurion); Leon en Rian.

Hy was van 1948 tot 1952 onderwyser in Langlaagte in die hart van Johannesburg. Hy het smiddae per trein na Pretoria gery om Grieks en Hebreeus aan die Universiteit van Pretoria te studeer, en het einde 1948 aan al die vereistes voldoen om toegelaat te word tot die Teologiese Seminarium op Stellenbosch. Op Stellenbosch het hy sy neef, Christie van der Westhuizen, destyds. sekretaris van die CSV, se huis gehuur en dit in ʼn losieshuis vir 23 studente omskep. Hy het selfs etes aan hulle voorsien.

Op 4 Desember 1952 is hy in die NG Moederkerk op Stellenbosch gelegitimeer, en op 14 Maart 1953 is hy met handoplegging in die NG Gemeente Misgund in die Langkloof georden en bevestig. Die rede is gelewer deur JS Loots van Uniondale. Hierna het sy pad geloop na die NG Moedergemeente in Port Elizabeth, waar hy op 29 Maart 1958 bevestig is en ʼn geseënde bedicning beleefhet. Na drie jaar het hy ʼn beroep na die NG Gemeente Renosterpoort by Pietersburg aanvaar, waar hy op 2 Februarie 1962 ontvang en bevestig is. Op 29 Julie 1967 het hy leraar van die NG Gemeente Olifantsfontein aan die Rand geword, waar hy ʼn pastorie gebou het vir die eerste sende I i n g.

Op 20 Februarie 1976 het hy leraar van die NG Gemeente Villieria-Oos geword, en op 23 April 1982 is hy in die NG Gemeente Burgersdorp bevestig, waar sy seun Christo die bevestigingsrede gelewer het. Christo was destyds. ʼn teologiese student in sy finale jaar. Hy het wonderlike tye in die plattelandse dorp beleef en daar gewerk tot met die aanvaarding van sy emeritaat op 26 April 1987. In sy dienstyd is groot herstelwerk aan die pragtige kerkgebou gedoen.

Vir Bybelkor op Wel lington het hy ʼn Bybelstudie oor Openbaring geskryf, Kyk Ek Kom Gou.

Na sy aftrede het hy en sy vrou op Roodepoort gewoon, maar in 1989 het hulle na Pretoria verhuis, waar hy tot sy dood op 27 Julie 2008 gewoon het. Sy seun ds. Christo skryf: “Hy het na aftrede gereeld in verskeie gemeentes gepreek en was lank in die kerkraad van Pretoria-Oosterlig. Hy was baie kunstig en het gereeld geskilder. Hy skryf ook graag gediggies en was toerleier met verskeie toere na Israel, Europa, Skandinawië en die Verre Ooste. Die laaste vier maande van sy lewe was hy bedlëend. Dit was vir hom moeilik om vir alles van ander mense athanklik te wees. In hierdie tyd het hy ook net een begeerte gehad, en dit was dat die Vader hom moes kom haal. Ons is almal dankbaar dat sy wens op 27 Julie 2008 waar geword het.”

Sy seun het die dankdiens met sy begrafnis op 31 Julie 2008 in die NG Kerk Sesmylspruit waargeneem, en uit 2 Timoteus 4: 6-8 en Psalm 116:15 gepreek. (Jaarboek 2009).