Jansen, Izak Daniel

 

gebore

29 Nov. 1898

OORLEDE

21 Aug. 1985

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1927

ORDEN

1928

standplase

 1928 Molteno

1938 Rietvlei

1943 Alexandria

1944 Cradock

1948 Middelburg, K.P.

1955 Port Elizabeth

EMERITEER

Ds Izak Daniël Jansen (29 Nov. 1898 – 21 Aug. 1985) het as geliefde en hooggeagte sendingleraar ‘n lang en vrugbare bediening in Oos-Kaapland agter die rug gehad toe hy op 17.7.1970 sy emeritaat gekry en daarna in die Strand gaan woon het. In die distrik Molteno gebore, voltooi hy sy skoolopleiding op Queenstown. Nadat hy hom aan die destydse Sendinginstituut op Wellington as sendeling bekwaam het en in 1927 tot die bediening toegelaat is, gaan hy na Molteno waar daar in wyle ds A J Pepler se tyd al met sendingwerk begin is, sonder dat daar tot gemeentestigting oorgegaan kon word. Tydens die bediening van ds J F Botha, nog ‘n groot sendingvriend, in die moedergemeente en na die koms van die nuwe jong sendeling word die saak met krag verder gevoer. Hy word op 15.6.1928 georden en bevestig, terwyl ds Botha hom verder beywer om die gemeente nie alleen amptelik gestig te kry nie, maar dit ook by die NG Sendingkerk te laat aansluit. Op 1.2.1930 vind die stigting plaas en onder die ryke seën van die Here en met die bemoedigende steun van die moedergemeente word daar groot vooruitgang gemaak. Vervolgens staan hy van 1938 af op Rietvlei in die Transkei, totdat hy vroeg 1943 na Alexandria vertrek waar die werk toe nog onder ‘n direksie staan en daar vir byna twee jaar geen vaste leraar was nie, `In baie opsigte moet ons afbreek om ‘n fondament te kan lê wat by ons Kerk se sendingbeleid sal aanpas’, skryf hy in daardie tyd. Hy slaag daarin om die werk pragtig op te bou, maar reeds die volgende jaar neem hy ‘n beroep na Cradock aan waar hy ongeveer vier jaar bly en toe gaan hy eers na Middelburg, KP (1948) en daarna in 1955 na Port Elizabeth waar hy 15 jaar later aftree. Tydens sy verblyf in die Strand help hy omtrent ‘n jaar lank in die sendinggemeente daar, terwyl hy ook vir korter tydjies in die moedergemeentes Greyton en Bonnievale afloswerk doen. Na ‘n beroerteaanval in 1980 is hy in ‘n rystoel en na ‘n tweede een sterf hy in die Hottentotsholland-Hospitaal op Somerset-Wes. Hy het ‘n wonderlike humorsin gehad. Oral in sy gemeentes geniet die onderwys sy belangstellende aandag en reeds in Alexandria sê hy: `Waar die skool kom, daar bereik jy makliker die ouers en die mag van die heidendom word gouer gebreek.’ Terwyl hy op Middelburg as stadsraadslid dien, word hy ook tot burgemeester