GEBORE
15 Nov. 1918
OORLEDE
20 Sep. 1993
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1945
ORDEN
1947
standplase
1961 Broken Hill
1963 Koedoesrand/Marken
EMERITEER
–
Ds. Sarel Celliers Janse Van Rensburg BA BD 15.11.1918 – 20.09.93
Sarel Van Rensburg was ʼn stil en teruggetrokke, maar toegewyde mens wat die Iewe en ook sy bediening baie ernstig opgeneem het. Hy het ʼn sterk persoonlikheid gehad en kon deurdringend mense opsom en met huIle handel.
Na sy skoolloopbaan het hy aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer en is gelegitimeer in 1945. Vanaf 1947 het hy in die gemeentes Graskop, Broken Hill (sedert 15 Julie 1963); Koedoesrand (Sedert 2 Februarie 1963) en in Brakpan-Suid (sedert 25 Oktober 1965) met seën gedien.
Hy het sy emeritaat op 27 Mei 1984 aanvaar na ʼn bediening van 38 jaar. Hy is op 20 September 1993 op Louis Trichardt oorlede aan hartversaking.
Ondanks beproewings in sy familiekring, het hy met toewyding en beskeidenheid sy taak verrig. Ons dank die Here vir ʼn dienaar van Hom wat ʼn reguit pad geloop het en die respek van vriend en vyand afgedwing het. – DJ Viljoen.