
gebore
3 Feb. 1925
OORLEDE
21 Mei 1990
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1959
ORDEN
1960
standplase
1960 Deben
1966 Hobhouse
1976 Jagersfontein
EMERITEER
1983
Hy is aan die einde van 1959 gelegitimeer en begin op 7 Mei 1960 met sy bediening in die gemeente Deben in die Kalahari. Op 17 September 1966 word hy ontvang op Hobhouse waar hy die gemeente tien jaar lank met ywer dien. In 1976 aanvaar hy ‘n beroep na Jagersfontein waar by in 1983 emeriteer na 38 jaar in die bediening. Hierna vestig hy hom op sy plaas Kokskraal buite Fauresmith waar hy op 21 Mei 1990 op slag dood is deurdat sy motor die pad verlaat en omgeslaan het. Ds Van Rensburg (65) was van sy plaas onderweg na die dorp toe ‘n band van sy voertuig vermoedelik gebars en hy beheer oor die motor verloor het. Hy het uit die motor geval. Hy laat sy vrou, Hilda, en vier dogters, Aneleh, Daisy, Christel en Hilda, agter. Hy is begrawe uit die NG Kerk Jagersfontein.