GEBORE
10 Mrt. 1884
OORLEDE
9 Jun. 1963
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1912
ORDEN
1913
standplase
1917 Stanford
1928 Rossville
1931 Woodstock
1948 Gibeon
EMERITEER
1952
Ds. Michael Nicolaas Janse van Rensburg is op 10 Maart 1884 gebore en het in 1912 sy teologiese studies voltooi. Hy het agtereenvolgens die gemeentes Maitland, Stanford, Rossville (Rhodes); Woodstock en Gibeon (S.W.A.) bedien. In 1952 het hy sy emeritaat aanvaar, waarna hy ʼn ruk lank sekretaris en geestelike arbeider van Huis Luckhoff, die tehuis vir bejaardes in Rosebank, was. Tot kort voor sy heengaan was hy nog in die gemeente Goodwood-Wes behulpsaam. Van hom word getuig: “..Hy was ʼn vroom en godvrugtige man.” Van sy gebedskrag en opregte ywer vir Gods. saak kan sy gemeentes getuig. Hy is op 9 Junie 1963 in die ouderdom van 79 jaar oorlede.