gebore
7 Aug. 1941
OORLEDE
5 Apr. 2012
UNIVERSITEIT
(BA, BTh, MTh, DTh)
gelegitimeer
–
ORDEN
–
standplase
–
EMERITEER
–
In 1966 het Christo se pad na Stellenbosch geloop, waar hy aan die Fakulteit Teologie gestudeer het. As Matie het hy die BTh-graad voltooi en is hy einde 1969 as proponent gelegitimeer. Op 7 Desember 1969 het hy ‘n beroep as medeleraar na die NG Moedergemeente Kuruman ontvang, waar ds FN van Niekerk sy bevestigingsrede gelewer het. Christo se jonger broer, Johan, destyds ‘n teologiestudent en later bekende professor aan die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, het die aanddiens op Kuruman waargeneem. Christo is in sy tweede jaar op Stellenbosch, op 9 Desember 1967, in Bloemfontein getroud met Elsabe Erasmus, ‘n onderwyseres. Uit die huwelik is ‘n seun, Andre (1971); gebore.
Na ‘n onvergeetlike bediening van vier jaar in die Kalahari het ds Christo in 1973 ‘n beroep na die NG Gemeente Reitz atrivaar as die eerste polisiekapelaan in die streek. In 1978 hethy aspolisiekapelaanna die Grensstreek gegaan, waar hy verbonde was aan die NG Gemeente Nahoon by Oos-Londen. In 1980 is hy verplaas na John Vorsterplein in Johannesburg, waar hy ingeskakel was by die NG Gemeente Townsview in die suidelike deel van Johannesburg. Hy het student gebly en in 1989 ‘n doktorsgraad in Teologie aan Unisa behaal. Die promotor was prof Murray Janson.
Op 12 Desember 1980 is hy as gemeen¬teleraar in die NG Gemeente Townsview bevestig, waar hy tot met sy aftrede op 26 Augustus 2001 op die ouderdom van 60 jaar gebly het. Hy het steeds op kontrakbasis diens in die NG Gemeentes Townsview en Forest Hill gelewer, totdat hy in 2011 ernstig siek geword het zian breinkanker.
Sy vrou Elsabe skryf: “Sy laaste preek is op 1 Oktober 2011 in die gemeente Forest Hill gelewer. Christo het in baie kommissies gedien, waarvan ek dink sy bydrae tot SKLAS in die Suid-Transvaalse Sinode vir hom die belangrikste en interessantste was. Hy was ‘n sterk persoon, maar ook baie nederig. Skrifgetroue prediking was vir hom belangrik; en hy was ‘n goeie prediker. Dit was vir hom belangrik om Christuste verkondig as Verlosser en Saligmaker – dit was sy passie en doel.
“Ons is dankbaar vir ‘n man en pa soos Christo. Alhoewel hy ‘n streng mens was, was hy altyd nederig en baie geliefd by die meeste van die gemeentelede. Hy het die Woord skerp en op die man af verkondig en was ‘n persoon sonder enige verborge agendas – reguit en eerlik tot die einde.” – Dr Gerdrie van der Merwe. VDM