Hierdie inrigting is een van die jongste stigtings van die Kerk. Eintllk is dit nie ‘n stigtIng van die NG Kerk as sodanig nie, maar dit het ‘n kerkllke inrigting geword toe dit in 1942 deur die Algemene Armesorgkommissie van die Kaapse Kerk oorgeneem is. En tog is dit in ‘n sekere sin ook werklik ‘n stigting van die Kerk omdat ds. en wyle mev. Kriel, wat dit in 1937 begin het, so nou verbonde was aan die Kerk en altyd die vurige begeerte gekoester het dat dit eendag deur die Kerk sou oorgeneem word. Sedert sy oorname deur die Kerk in 1942 het die inrigting ‘n ongeewenaarde groeitydperk deurgemaak en dit het miskien vinniger uitgebrei en gouer ‘n groot inrigting geraak as enige ander dergelike inrigting in die land. Om hierdie rede alleen bekleë dit miskien reeds ‘n unieke posisie onder die groot inrigtinge in ons Kerk. Wat dit verder in hierdie opsig uniek maak, is die feit dat hierdie fenomenale uitbreiding feitlik geheel en aI gefinansier is deur die Kaapse Kerk alleen met behuIp van die Staat, maar met weinig
ondersteuning uit die ander provinsies. Dit word hier nie vermeld om die Kerke in die ander provinsies te na te kom nie, maar bloot gekonstateer as ‘n merkwaardige felt. ‘n Mens kry enigsins ‘n denkbeeld van die reuse taak wat die Kaapse Kerk hier onderneem het, as vermeld word dat die bates van die inrigting van 1942 tot 1951 aangegroei bet van £6,000 tot £126,000, en die lopende uitgawes van ongeveer £4,000 per jaar tot £16,000 per jear.
Hierby moet natuurlik vermeld word dat die bates gedeeltelik opgebou is met behuIp van ‘n £2 vir £1 subsidie van die Staat op geboue, en dat die lopende uitgawes vir ongeveer 60 persent deur die Staat voorsien word. Nogtans moes die aandeel wat die Kerk gehad het in die voorsiening van die nodige fondse reusagtig gewees het, en is dit trouens nog die geval.
In die geskiedenis van die ontwikkeltng van die inrigting kom ‘n ereplek toe aan ds. D. P. van Huyssteen, Organiserende Armesorgsekretaris, wat veral gedurende die jare 1942 tot 1945 nagenoeg £30,000 in Kaapse gemeentes ingesamel het vir die boukoste van die nuwe inrigting.
In die nuwe inrigting Is daar ruimte vir 62 seuns en 64 dogters. Hulle word gehuisves in moderne, goed ingerigte koshuise. Die huidige geboue van die nuwe inrigting omvat die volgende: vier woon-eenhede. twee vir seuns en twee vir meisies; ‘n sentrale eetsaal en kombuis ‘n eie watervootrsieningsinstallasie met opgaardam en swembad daarby; sy eie riool-installasie, ‘n gedeelte van die beoogde nuwe skoolgebou, waarvan die administratiewe afdeling en vyf klaskamers voltooi is. en die res, bestaande uit nog ‘n aantal klaskamers, werkswinkels en ‘n doeltreffende saal, sal bv. binnekort opgenig word. Verder word teen die einde van 1951 die nuwe personeeltehuis afgelewer. Daarbenewens besit die inrigting nog die twee plasies Weltevrede (waarop die nuwe inrigting gebou is) en Elim, tesame 108 morg groot en gelee binne die munisipale gebied van Kuilsrivier en die ou pastorle, waarin die inrigting begin is, en wat eersdaags sal ingerig word as ‘n afdeling vir ouer meisies, oud-leerlinge van die skool en andere oor die skoolgaande ouderdom. Op die eiendomme is daar ook nog die woonhuise gelee en die on skoolgebou wat eers ‘n resiesperdestal was, en wat met die bekende halfkroon-fonds van ds. A. F. Louw as die eerste doeltreffende skoolgebou ingerig is in 1942. Die heel eerste skoolgeboutjie was ook ‘n stal op die perseel van die ou pastonie.
Hierdie inrigting is die enigste skool vir epileptici in Suld-Afrika. en dit trek ook die aandag ver buite die grense van ons land. Uit ‘n brief van die American Epilepsy League haal ons die volgende aan: “it is stimulating to see the program that you have developed in South Africa. It would certainly seem to be superior to any institutional program we have for persons with epilepcy in the United States.” Dit is nogal ‘n aansienlike pluimpie uit die land van “alles die grootste en beste.”
Die skool bied aan normale epileptiese kinders die gewone akademiese en handelsonderrig tot en met st. X. en daarby ook vakonderrig in houtwerk, leerwerk. naaldwerk en kleremakery, kunsnaaldwerk, onderhoudswerk en groentekwekery. Die groot doelstelling van die skool is on die regte geteentheid te bied aan die epileptiese kind wat bloot as gevolg van sy aanvalle nie die nodige voorbereiding vir die lewe kan ontvang in die gewone skool nie. In die jongste tyd word betekenisvolle sukses behaal met die behandeling sowel as onderrig van die leerlinge, en die skool het reeds ‘n begin gemaak met die stelselmatige uitplasing van sommige van sy Ieerlinge in die samelewing, waar hulle hul plek inneem as nuttige en bruikbare burgers en burgeresse.
Die skool het onlangs sy naam verander tot Jan Kriel-skooI vir Epileptici, met weglating van die woord ,.tehuis” wat voorheen in die naam voorgekom het. Die benaming ,,tehuis’ word nou gereserveer vir die nasorgafdeling vir volwasse meisies wat in die ou pastorie tot stand sal kom. Die skool fungeer as ‘n spesiale skool onder die Unie Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap, ooreenkomstig die bepalings van die Wet op Spesiale Skole van 1948 soos gewysig in 1951. Die departementele subsidie bedra twee derdes van die kapitale en sowat 60 persent van die lopende koste. Die verantwoordelike Iiggaam van kerkweë is die Algemene Armesorgkommissie. Die bestuur van die skool word gesamentlik benoem deur die Minister van Onderwys en die Algemene Armesorgkommissie. Daar is ‘n sinodale kollekte vir die skool in Kaapland. Vrywillige bydraes word van oor die hele land ontvang. Die werk is uit die aard van die saak baie duur en eis baie geld. Die uitbreidings wat nog voor die deur staan sal ook nog groot bedrae vereis. Die bestuur van die lnrigting is daarom ook besig om deur middel van straatkollektes, omsendbriewe aan individuele persone en sake-ondernemings, ens. self ‘n poging aan te wend om die nodige fondse bymekaar te maak. Hier is voorwaar ‘n groot en belangrike saak waarvoor fondse dringend nodig is, en wat deur die mildadigheid van vrygewige skenkers nog tot groot dinge in staat gestel kan word. Hoewel die skool onder die beheer van die N.G. Kerk staan, is sy deure natuurlik oop vir kinders van alle geloofsgenootskappe en hy tel onder sy leerlinge dan ook verteenwoordigers van haas elke Kerk of geloofsgenootskap wat in ons land bestaan. Die Afrikaans- en Engelseprekende gemeemskap is ongeveer so verteenwoordig as wat verwag kan word met die oog op hulle verhouding in die bevolking.
Anders as was die meeste mense skynbaar verwag, gaan die lewe in die skool ‘n verbasend normale gang, en daar is min verskil tussen die oedrywighede van die skool en die van enige ander kosskool. Met die doeltreffende gebruik van die regte medisyne word aanvalle tot ‘n minimum beperk, en lei die kinders ‘n min of meer normale lewe. Hulle neem deel aan dieselfde sport en vermaaklikhede as ander leerlinge, hou konsertopvoerings en gaan selfs op uitgebreide konserttoere. As ‘n mens die klasse bywoon, veral die klasse in die hoere standerds, tref die normale aard van die werk wat daar gedoen word. dadelik die besoeker. Dit is dan ook een van die oogmerke van die skool om die epileptiese kind te leer om die lewe so normaal moontlik te benader, en om die publiek op te voed om die epileptiese persoon as ‘n veel meer normale lid van die samelewing te aanvaar as wat by veelal beskou word.
BRON: NG Kerk Jaarboek 1952