gebore
12 Aug. 1939
OORLEDE
27 Jun. 2012
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1965
ORDEN
1966
standplase
1966 Leipoldtville
1971 Daspoort
1977 Wakkerstroom
EMERITEER
1994
Ds Pieter Jacobsz (BA) 12 Augustus 1939 – 27 Junie 2012
Pieter Hendrik Jacobsz is op 12 Augustus 1939 op Harrismith gebore en het in 1957 aan die Hoërskool Harrismith gematrikuleer. Hy was op skool ‘n goeie atleet en rugbyspeler. Hierna het sy pad na die Universiteit Stellenbosch geloop, waar hy ‘n BA-graad verwerf het. Pieter het aktiefaan die studentelewe deelgeneem en was onder meerredakteur van die Kanarie, ‘n plaaslike studentekoerantjie. In 1962 het hy aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch begin studeer en einde 1965 is hy as proponent van die NG Kerk gelegitimeer.
Op 19 Februarie 1966 is Pieter met handoplegging ontvang en bevestig as leraar van die NG Gemeente Leipoldtville aan die Weskus. ‘n Dankbare gemeente het hom op die Lambertsbaai-Elandsbaaipad ontmoet. Die bevestigingsrede op Leipoldtville is deur ds Johannes Ries gelewer. Dit was ‘n wonderlike begin in ‘n deernisvolle gemeenskap. Na vyf jaar het die gesin na Daspoort in Pretoria verhuis, waar hy van 1971 tot 1977 die NG Gemeente Daspoort bedien het.
Op 7 Januarie 1977 het hy leraar van die NG Gemeente Wakkerstroom geword, ‘n historiese dorp en gemeente waar hy gearbei het totdat hy op 28 Augustus1994 emeritaat aanvaar het. Sy vrou Marie skryf: “In die tydperk in Wakkerstroom het baie dinge tot stand gekom, onder meer die oprig van nuwe kategeselokale, die inrig van ‘n moederskamer in die kerkgebou, die verfraaiing van die kerkterrein, die bou van ‘n nuwe pastorie en die vestiging van ‘n dankofferveeveiling. Die grootste monument wat hy seker nagelaat het, was die oprigting van die Kanawoonstelle. Hy het ‘n passie gehad vir mense en veral welsyn en bejaardesorg het hom na aan die hart gelê.”
Ds Pieter Jacobsz het in Desember 1964 met Maria Chrisma (Marie) van Wyk getrou. Uit die huwelik is vyf kinders gebore: Carina, Marlene, Jan en Chrisna. Hulle vyfde kind, Petro, het op die ouderdom van 27 verdrink, wat ‘n groot beproewing vir die gesin was.
Na ds Pieter se aftrede het hulle na Kroonstad verhuis, waar hy ‘n onderneming, Jacobsz Bande, begin het. Hy het steeds gereeld op Kroonstad en ook in die gemeentes Allanridge, Senekal, Paul Roux, Reitz en Virginia gepreek.
Prostaatkanker is in 2008 by ds Pieter gediagnoseer en die behandeling is later gestaak toe bevind is dit het reeds versprei na die skelet. In die lente van 2011 was hy
Christo Janse van Rensburg is op 7 Augustus 1941 in Bloemfontein gebore, die seun van Andries Stefanus Janse van Rensburg (‘n polisiekolonel) en Ethoresa Schoeman. Sy grootouers aan vaderskant het in die distrik Frankfort geboer en sy grootouers aan moederskant het ‘n onderneming in Port Elizabeth bedryf. Sy Engelse ouma was ‘n musiekonderwyseres en orreliste. Christo het in Kuruman se feesboek geskryf: “Van my eerste paar jaar onthou ek nie veel nie, behalwe dat ons baie van een vreemde dorp na ‘n ander getrek het – die lot van ‘n polisieman se kind.”
Christo het sy skoolopleiding aan die Laerskool in Harrismith begin en het in 1960 aan die Hoërskool Dundee gematrikuleer. Hy het uitgeblink in sport en het sy skool en provinsie verteenwoordig in rugby, atletiek en swem. Na matriek het hy ‘n jaar lank diensplig in Bloemfontein gedoen en die roeping ontvang om predikant te word. Hy het BA (Admissie) aan die UOVS in Bloemfontein gaan studeer en ook twee jaar lank by die SA Spoorweë in die stad gewerk. In hierdie tyd het hy vriende geword met Otto Lessing, wat later sy medeleraar op Kuruman was.
reeds bedlêend en het hy blind geword. Hy het ten spyte daarvan steeds stukkies uit die Skrif op die diktafoon gedikteer.
Op 27 Junie 2012 is hy oorlede en is hy uit die NG Gemeente Kroonstad-Noord begrawe. Dr Koos Robb het ‘n treffende boodskap gelewer. Marie skryf: “Ek dank die Heer dat ek deel kon wees van Pieter se lewe. Mag sy nagedagtenis voortleefin ons hart. Hy was voorwaar ‘n besondere mens.”-Dr Gerdrie van der Merwe VDM