Jacobs, Josef Johannes Philippus

 

gebore

4 Jan. 1913

OORLEDE

21 Apr. 1982

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1937

ORDEN

1938

standplase

1938 Brandvlei

1941 Pofadder

1943 Joubertina

1946 Riebeek-Wes

1953 Porterville

1961 Zionskerk

1963 Caledon

1970 Franschhoek

EMERITEER

1978

Ds Josef Johannes Philippus Jacobs (4.1.1913 – 21.4.1982) is ‘n lang en eervolle verbintenis met die NG Sendingkerk onverwags as gevolg van ‘n hartaanval aan sy woning op Franschhoek oorlede. Op die Vrystaatse Kerk se nedersetting Goedemoed gebore, voltooi hy sy skoolloopbaan met matrikulasie op Dewetsdorp. Nadat hy hom aan die Sendinginstituut op Wellington bekwaam het en in 1937 tot die bediening toegelaat is, staan hy agtereenvolgens in die gemeentes Brandvlei (19.3.38 bevestig); Pofadder (1941); Joubertina (1943); Riebeek- Wes (1946); Porterville (1953); Zionskerk (Paarl) (1961); Caledon (1963) en Franschhoek (1970 tot sy aftrede op 29.1.1978); Daarna woon hy nog saam met sy gade op die mooi Bolandse dorp wat die laaste van sy agt standplase was. Daar dien hy as ouderling en van 1979 af ook as hulpleraar in die Moedergemeente. Uit liefde vir die saak van sy Heiland en met ‘n hart vol deernis vir sy mense, het hy sy roeping met toewyding en oorgawe vervul. In die gemeentelike besoekwerk was hy baie getrou en nie-blank sowel as blank het hom met liefde en agting bejeën. (Jaarboek 1983/263).