gebore
06 Apr. 1908
OORLEDE
26 Mei 1992
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1930
ORDEN
1931
standplase
1931 Compounds Kimberley
1936 Cradock
1943 Kestell
1945 Bethlehem-Wes
1956 Kroonstad
1961 Bloemfontein, asook Publikasiehoof van die N.G. Sendingkerke
en mederedakteur van „Die Ligstraal”
EMERITEER
–
Ds Johannes Philippus Jacobs, MTh, (06.04.1908-26.05.1992); Die telefoonoproep van sy seun, Jannie Jacobs uit Kroonstad: “Vader is ‘n halfuur gelede oorlede na ‘n ernstige operasie,” het my ver laat terugdink.
Japie Jacobs en sy oorlede vrou, Alida, en hulle kinders was liewe vriende met wie ons jare lank kontak gehad het. Al was ons nie tydgenote gedurende ons studietyd nie, het ons amptelik baie geskakel, iets wat al meer geword het nadat hulle Bethlehem en Kroonstad verlaat het en Japie ‘n vaste betrekking aanvaar het by die Christelike Lektuurfonds (CLF); Die fonds het gegroei en ‘n belangrike rol gespeel in verband met ons land se sendingpoging met die oog op voorsiening van lektuur. Daarin het Japie as publikasieshoof van die CLF ‘n sentrale en leidende rol gespeel. Later was hy ook ten nouste betrokke by die opstel, druk en uitgee van Hosanna, die amptelike gesangbun¬del van die Ned Geref Kerk in Afrika (NGKA) wat gelyktydig in al die vernaamste tale van die NGKA uit¬gegee is. Maar ook met die opstel en uitgee van elementére Bybelkommentare het hy nie alleen as Publikasieshoof leiding gegee nie, maar ook daaraan meegewerk. Tot sy emeritaat het hy met diê belangrike werk voort¬gegaan. En selfs lank daarna nog het Japie as geroepene gehelp waar hy kon. Afgesien van sy werk by die CLF het ds Jacobs lei¬ding geneem in die kerklike lewe. Vir jare lank was hy Moderator van die NGKA, OVS en het hy dan ook ‘n besondere rol gespeel in die werksaamhede van die Federale Raad, NG Sendingkerk asook in die totstandkoming van die Algemene Sinode van die Ned Geref Kerk in Afrika. In daardie hoedanigheid het ons ook later baie nou saamgewerk, veral gedurende die tydperk toe hy lid was van die Moderatuur van die Algemene Sinode. Gedurende daardie tyd is hy ook afgevaardig na Sentraal-Afrika vir ‘n belangrike konferensie in Abidjan. ‘n Besoek aan huis van die Jacobs-gesin in Kroonstad, Bethlehem of Bloemfontein was altyd iets besonders. Saans, het die seuns wat destyds nog by hulle ge¬woon het – Lambert, nou hoof van die Lonwabo Skool in Port Elizabeth en Jannie, tans werksaam in Kroon¬stad – saam met hulle ouers musiek gemaak. As hulle dogter, Retha, by was, het sy lustig meegedoen. Elkeen het sy eie bydrae gelewer. So onthou ons die Jacobsgesin. Pieter, die oudste seun, was elders werksaam as onderwyser en dusnie dikwels aan huis by hulle nie. Japie Jacobs sal ons veral onthou as ‘n kinderlike gelowige. Vir hom was dit hoofsaak in sy lewe. Ons dank die Here vir sy bydrae en getuienis. Hoeveel duisende en derduisende mense het die traktaatjies gelees wat hy by die miljoene laat versprei het! Sy getuienis gaan voort. (- ds André Scheffler)