Jacobs, Gert Andries Johannes

 

gebore

23 Feb. 1932

OORLEDE

21 Mei 1981

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1957

ORDEN

1958

standplase

1958 Rustenburg-Wes

1961 Germiston

1965 Maltahöhe

1969 Elkana

3 Jun. 1977 Valhala-Suid

EMERITEER

Ds Gert Andries Johannes Jacobs (23.2.1932 – 21.5.1981) van Valhalla-Suid is aan ‘n hartaanval oorlede terwyl hy ‘n paar maande met siekteverlof was. Sy studie voltooi hy einde 1957 op Stellenbosch en toe is hy agtereenvolgens leraar van Rustenburg-Wes (bevestig 26.4.1958); Germiston (1961); Maltehòhe in SWA (1965); Elkana (Vanderbylpark) (1969); voordat hy 1977 na sy laaste gemeente gaan. (Jaarboek 1982/258).