Jacobs, Daniel Malan

Ds DM Jacobs

gebore

10 Jan. 1931

OORLEDE

25 Jan. 1981

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1954

ORDEN

1955

standplase

1955 Vredenburg

1957 Wagenmakersvallei

1961 Ceres

1965 Bellville

1968 Augrabies

14 Jul. 1972 Strand-Noord

Feb. 1979 Lainsburg

EMERITEER

Ds Daniel Malan Jacobs (10.1.1931 – 25.1.1981) was een van die talle slagoffers van die ontsettende vloedramp wat Laingsburg op ‘n Sondagmiddag getref het. Hy en andere het, in ‘n heldhaftige poging om die inwoners te red, op die dak van die tehuis vir bejaardes gestaan toe dit ingestort het en hulle deur die vloedwaters meegesleur is. Tot op die laaste was hy nog besig om te bid en te bemoedig. Hy matrikuleer op sy geboortedorp, Franschhoek, en volg die kursus aan die Sendinginstituut op Wellington, om 1954 in die bediening gestel te word. Hy word 26.3.1955 in die NGKA-gemeente Vredenburg bevestig en bedien daarna die sendinggemeentes Wagenmakersvallei (Wellington) (1957); Ceres (1961) en Bellville (1965); voordat hy Februarie 1968 predikant van die moedergemeente Augrabies word. In 1972 gaan hy na Strand-Noord en sedert Februatie 1979 staan hy in Laingsburg. Ofskoon hy nog nie eens ‘n jaar in sy laste gemeente was nie, was hy daar reeds, soos oral, geag en bemind. Hy het oor die besondere vermoë beskik om die vreugde sowel as die leed van mense sy eie te maak. Nooit het hy mense laat voel dat hy nie tyd het om na hulle te luister of hulle te probeer help nie. Een van sy voortreflike karaktertrekke was dan ook sy wonderlike hulpvaardigheid. Hy was ‘n Woordbedienaar in die ware sin van die woord en daarby ‘n pastoor by uitnemendheid. (Jaarboek 1982/257).