Hurter, Johannes Albertus * 1886

Ds. J.A. Hurter

gebore

7 Mrt. 1886

OORLEDE

26 Jul. 1936

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1914

ORDEN

1915

standplase

1915 Simonstad

1918 Warden

1921 George

EMERITEER

Johannes Albertus Hurter is 7 Maart 1886 gebore, ‘n seun van die gemeente Riversdal. Hy het hom enige jare aan die gee van onderwys gewy en toe is hy as predikant opgelei. Na volbragte studie aan die Kweekskool te Stellenbosch is hy in die einde van 1915 gelegitimeer en die volgende jaar as predikant van Simonstad georden en bevestig. Hier het hy drie jaar gearbei en in 1918 ‘n beroep aangeneem na Warden, O.V.S., waar hy ook net drie jaar gebly het, toe hy in 1921 die opvolger geword het van Ds. J. A. Beyers op George. In hierdie gemeente het hy sy groot lewenswerk verrig gedurende vyftien seer bedrywige jare, wat onderbreek is deur ‘n besoek aan ons volksgenote te Chubut in Argentinië, wat hy op versoek van die Algemene Armsorgkommissie onderneem het. Uit eie aanleg, maar ook uit die drang van omstandighede het hy opreg belanggestel in die opheffing en versorging van ons armes. Hy was ‘n man met bewonderenswaardige werkkragte en groot deursettingsvermoë. Die administrasie van die gemeente wat geweldig groot is, het hy met bekwaamheid waargeneem want hy was ‘n gebore administrateur. Sy arbeid was ryk geseën. Op 26 Julie 1936 is hy in die Here ontslape na ‘n krankheid van enige maande.