gebore
6 Apr. 1871
OORLEDE
15 Des. 1943
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1897
ORDEN
1899
standplase
Njassa-Sendin
1907 Somerset-Oos
EMERITEER
1940
Ds. John Murray Hofmeyr is gebore op 6 April 1871 te Somerset-Oos waar hy ook aan die Gill-Kollege sy eerste skooljare deurgebring het. Sy teologiese opleiding het hy aan die Kweekskool te Stellenbosch ontvang. Teen die einde van 1897 is hy gelegitimeer en op 18 Februarie 1899 is hy te Winburg, 0.V.S., georden met die oog op sendingwerk in Nyasaland. Na ‘n vierjarige arbeid in die sendingveld is hy in 1903 terug na Somerset-Oos waar hy eers hulpprediker was en later in 1907 as medeleraar bevestig Hierdie waardige en getroue dienskneg van die Here het ‘n groot werk in sy geboorteplek verrig. Die kerklike werksaamhede het sy lewendige belangstelling geniet en die onderwys hart gelê. Geseënd en vrugbaar was hy en hy het ook sy waarde geken en hom op gebruik. Veral as lid van die Algemene Sendingkommissie het hy waardevolle dienste gelewer. In 1940 het hy sy emeritaat aanvaar en op 15 Desember 1943 is hy oorlede.