gebore
11 Nov. 1882
OORLEDE
26 Mei 1969
UNIVERSITEIT
US
gelegitimeer
1908
ORDEN
1909
standplase
1909 Worcester (Hpr.)
1909 Port Elizabeth
1916 Rossville
1920 Glen Lynden
1925 Greytown
1929 Middelburg, Tvl
EMERITEER
1948
Ds. Georg Wilhelm Stegmann Hofmeyr is op 11 November 1882 op Somerset-Oos gebore, en in 1908 op Stellenbosch gelegitimeer. Na sowat ses maande as hulpprediker op Worcester, het hy ‘n beroep as eerste predikant van die NG. Kerk in Port Elizabeth aangeneem. Sy werk was so omvangryk en veeleisend dat hy in 1914 weens swak gesondheid moes aftree. In 1916 het hy weer tot die bediening toegetree, en het agtereenvolgens die gemeentes Rossville, Glen Lynden (Bedford); Greytown en Middelburg (Tvl.) bedien laasgenoemde gemeente neëntien jaar lank, tot by die aanvaarding van sy emeritaat in 1948. In Natal het hy o.a. as Actuarius, Scriba en Moderator van die Sinode gedien. Na sy aftrede het hy nog in verskillende gemeentes afloswerk gedoen. Hy is op 26 Mei 1969 in die hoë ouderdom van 86 jaar oorlede. (Jaarboek 1970/461)