Heyns, Johan Adam

 

gebore

27 Mei 1928

OORLEDE

05 Nov. 1994

UNIVERSITEIT

A., B.D., Th.D., D.Phil

gelegitimeer

1954

ORDEN

1954

standplase

 1954 Ysterplaat

1960 Rondebosch, Studenteleraar

1964 Rondebosch

1966 Lektor Teologiese Kweekskool Stellenbosch

EMERITEER

Prof Johan Adam Heyns MA BD TH Dr D Phil OVD 27.05.1928 – 05.11.1994

Johan Adam Heyns is op 27 Mei 1928 opTweeling in die Vrystaat gebore. Hy groei op in ‘n ouerhuis waar hy van kindsbeen af leer wat dit is om die Here te dien en lief te hê. Daar was altyd heimwee in sy stem as hy vertel het van die plaaslewe en sy jeugjare.

Daar was nooit vir hom ‘n ander keuse as om predikant te word nie. Reeds toe hy met die ‘treppie’ na en van die skool op Tweeling gery het, was hy seker van sy roeping.

Sy verdere skoolopleiding ontvang hy op Reitz en hy matrikuleer in 1945 aan die Gimnasium-hoërskool op Potchefstroom. Hy skryf in by die PU vir CHO, waar hy ‘n briljante akademiese loopbaan begin. ln 1949 vertrek hy na Pretoria. Waar hy verder aan die Teologiese Fakulieit (Afd B) van die Universiteit van Pretoria studeer. Hy behaal in 1951 sy BD- en MA-grade (laasgenoemde in die Filosofie) met lof. Hy vertrek na die Vrije Universiteit van Amsterdam, waar hy onder leiding van prof G C Berkouwer in die Dogmatiek promoveer met die proefskrif: ‘Die grondstruktuur van die modalistiese triniteitsleer.” In die tyd onderneem hy ook ‘n uitgebreide studiereis na die universiteite van Basel en Zurich, waar hy kennis maak met proff Karl Barth en Emil Brunner.

Met sy terug keer in Suid-Afrika word hy gelegitimeer en in 1954 as predikant van die Ned Geref Gemeente Ysterplaat bevestig. Terselfdertyd skryf hy in vir ‘n D. Phil in Wysbegeerte aan die PU vir CHO en behaal die graad in 1962 onder leiding van prof HG Stoker. Sy proefskrif-onderwerp was: ‘Die teologiese antropologie van Karl Barth vanuit wysgerig-antropologiese orientering.’ In 1954 trou hy met mej Renee Spamer, ‘n maatskaplike werker. Ses jaar later vertrek hy na die NG Gemeente Rondebosch en word studenteleraar.

In 1966 begin Johan Heyns se voltydse akademiese loophaan met sy aanstelling as senior lektor in Dogmatiek aan die Telogiese Kweekskool op Stellenbosch, waar hy die Matie-tokkelokke vier jaar lank onderrig. ln 1970 verruil hy die Eikestad vir die Jakarandastad, maar bly lewenslank lief vir die Kaap.

Met sy bevestiging as professor en hoof van die Departement Dogmatiek en Christelike Etiek aan die Fakulteit van Teologie (Afd B) van die Universiteit van Pretoria, word ‘n kringloop voltooi. As begaafde geleerde en leier met ‘n vaste geloof, word hy wyd bekend as iemand wat in die beoefening van die teologie nooit losraak van die NG Kerk nie. Vir studente beklemtoon hy gereeld dat die teologie altyd in diens van die kerk moet staan.

Prof Heyns was ‘n produktiewe skrywer en vakman, iemand met ‘n verbysterende werkvermoë en ‘n vaardige hanteerder van die pen. Hy het die Andrew Murray prys vir teologiese publikasies drie keer verower: in 1981 vir Dogmatiek, in 1985 vir Teologiese Etick en in 1989 vir Teologiese Etiek 2/1. Hy het ook die Credo- en Totiuspryse vir sy werk gewen. Sy prinsipiele insigte en welsprekendheid het van hom ‘n gesogte spreker gemaak, ‘n persoon wat ‘n gehoor kon boei en tot nuwe insigte bring. As prediker het hy aan die verkondiging van die Woord ‘n ereplek gegee en sy erns en roepingsbewustheid het van hom ‘n dinamiese prediker gemaak.

Op die sinodale akker van die NG Kerk trap hy diep en onuitwisbare spore. Die eerste Algemene Sinode van 1962 het sy studiestuk oor die Chiliasme bespreek, en hy het ‘n rolspeler in sinodevergaderings gebly tot met die Algemene Sinode van 1994, enkele weke voor sy dood. Met die historiese Algemene Sinode van 1986 word hy moderator – iels wat, het hy later erken, sy lewe drasties verander het. Met Christelike waardigheid het hy die een kerklike krisis na die ander hanteer en steeds sterker na vore getreë as vredemaker en versoener in ‘n stormagtige tyd in Suid-Afrika se geskiedenis.

As kerklike leiersfiguur en vanweë sy bydraes op ‘n wye terein, ken die destydse staatspresident, mnr P W Botha, die Dekorasie Vir Voortreflike Diens (Goud) in 1988 aan hom toe. Hy was ‘n termyn lank voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en was ten tye van sy dood voorsitter vand ie Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) en ondervoorsitter van die Afrikanerbond.

Met die Algemene Sinode van 1994 in Pretoria het afgevaardigdes nog die kans gehad om talle fasette van die veelkantige mens wat prof Johan Heyns was, te beleef, onbewusdaarvan dat dit ‘n laaste groet was. Die versoenende oomblik tussen proff Even Kleynhans en Johan Heyns sal mens altyd by bly: twee grom kerkmanne en strydosse met integriteit en liefde vir die kerk van die Here.

Op 5 November 1994 het Johan Heyns se lewe op ‘n onbegryplike wyse tot ‘n einde gekom toe hy in die intieme kring van ‘n oupa en ‘n ouma met hulle kleinkinders aan die hand van ‘n sluipmoordenaar gesterf het. Wie Johan Heyns geken het, kon nie anders nie as om beïndruk te wees met sy intellek., charisma, passie vir die lewe, integriteit, persoonlike betrokkenheid en taalvaardigherd. Wat die meeste beindruk het, was dat Johan Heyns gelewe het wat hy bely het.

Heyns was daarvoor bekend dat die koninkryk van God en die men, se gehoorsaamheid ‘n belangrike rol in sy denke gespeel het. Dit was dan ook twee sleutelbegrippe wat soos ‘n goue draad deur sy boeke loop. – Gerdrie van der Merwe.

God se wêreld

Johan Heyn, het meermale gesê dat hierdie wêreld God se wêreld is. En hierdie oortuig het hy nie net aan sy studente geleer nie, hy het dit self ook beoefen. So was hy aktief betrokke as kultuurman, politieke fasiliteerder en Afrikanerleier. Hy het hy verskere geleenthede ook teenoor my gesê: dat die versoeking groot is om van uit die rustigheid van die studeerkamer oor die lewe na te dink. Maar dan word ‘n mens ‘n passiewe toeskouer van die lewe en nie ‘n aktiewe deelnemer daaraan nie. Hy het verskies om die arena te betree – daar waar dinge gebeur. En of dit nou ook al oor ‘n teologiese verskilpunt of oor die Afrikaner se taal of die versoening tussen politieke denkrigtings gegaan het, hy het nie die geleentheid laat verbygaan om sy gehoorsaamheid aan God en sy Woord te bewys nie. Heyns het nie iets verkondig wat hy nie self bereid was om te doen nie. Hiermee het hy gestalte gegee aan sy opmerking dat elkeen van ons vir mekaar “’n klein heiland” moet wees. Daar moet die bereidwilligheid wees om vir mekaar te ly. Johan Heyns het soms uitsprake gemaak en stand-punte ingeneem wat nie vir almal so aanvaarbaar was nie. Wanneer hierdie uitsprake van naderby beskou word was dit egter gou duidelik dat dit uit die hart van die Skrif gekom het. Heyns het die bekende weë deurbreek omdat die bekende nie noodwendig die regte is nie. In die plek hiervan het hy gewys op die prinsipiële weg – ‘n weg wat dikwels onbekend was en dusook omstrede en ongewild. Maar – en dit is die teken van ‘n ware profeet – vir Heyns het die prinsipiële ‘n groter betekenis gehad as die bekende. Heyns was ‘n soeker na wat reg is en nie na wat gewild is nie. Die manier waarop hy gesterf het, sê iets van sy statuur: ‘n profeet is nie altyd welkom nie.

As ons eerbewyse aan Johan Heyns wiI toebring, dan sal ons dit die allerbeste doen deur ‘n lewende Christendom te wees. Hy het vir ons hierin ‘n goeie voorbeeld gestel. LaetusOK Lategan.

‘n Diepe ontsag

Vir die Woord van God het Heyns ‘n diepe ontsag gehad. Veral sedert die begin van die jare tagtig het hy baie gedoen vir die vind van ‘n nuwe koers in die kerk. Hy was ‘n gawe aan die kerk.

Dit is vir geen teenspraak vatbaar nie, dat Johan de vrugbaarste en mees produktiewe teoloog was wat die NG Kerk tot dusver opgelewer het. Sy werk is ook buite ons land bekend. Hy het ‘n gawe gehad om maklik te skryf, goed te formuleer en sy gedagtes akkuraat weer te gee. Maar naas teoloog was hy ook filosoof. Dit het meegebring dat hy ook op ander akademiese terreine as die teologie kon beweeg.

Terselfdrtyd was hy ten diepste betrokke by die gang van sake in die samelewing. Hy was geen ivoortoring-teoloog nie, maar ‘n hartstogtelike mens vir wie die saak van vrede en geregtigheid in die samelewing van die allergrootste gewig was. Sy dood is ‘n onberekende verlies.

Sou dit kon wees dat hy miskien die hoogste prys betaal het, juis vanwee sy ywer vir die saak van vrede en versoening in ons land? Dit weed ons nie. Maar as dit sou wees, dan het hy gesterf in die goeie tradisie van die getuie, die martelaar, wie se getuienis deur niks beter beseël kan word nie, as deur sy eie bloed. Willie Jonker.