gebore
27 Sep. 1881
OORLEDE
28 Jun. 1967
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1915
ORDEN
1917
standplase
1917 Amsterdam, Tvl.
1924 Charl Cilliers
1932 Winburg
EMERITEER
1952
Ds. Joachim Jan Hendrik Hattingh is op 27 September 1881 in die distrik Beaufort-Wes gebore. Na sy voorlopige skoolopleiding het hy ‘n tyd lank as bestuurder van ‘n groot winkel opgetree. Daarna het die roeping tot hom gekom om predikant te word, en is hy na Wellington waar hy einde 1908 gematrikuleer het. Sy teologiese opleiding het hy op Stellenbosch ontvang, waar hy in 1915 gelegitimeer is. Eers was hy hulpleraar op Clanwilliam en Ladismith (Kaap); daarna predikant van Amsterdam (Tvl.); Charl Cilliers, Winburg en Nien-Bethesda. Hy het in verskeie sinodale kommissies gedien. Na sy aftrede in 1952 het hy nog tydelik in etlike gemeentes gehelp. Hy is op 28 Junie 1967 op 85-jarige ouderdom oorlede.