Hattingh, Cornelius Johannes

Ds. Hatting Cornelis

gebore

24 Jan. 1910

OORLEDE

28 Jun. 1979

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1953

ORDEN

1954

standplase

 1954 Johannesburg

1955 Capital Park

1958 Senekal

1961 Groenkloof

1963 Org. Christelike Lektuurfonds

1965 Bethlehem-Môrelig

1971 Skakelbeampte Mema

EMERITEER

1973

Ds Cornelis Johannes (Corneels) Hattingh (24.1.1910 – 28.6.1979); wat in Pretoria oorlede is, dien in die moeilike depressietyd etlike jare as omroeper-regisseur by die SAUK, maar ‘n sterk roeping tot die evangeliebediening lei hom op redelik gevorderde leeftyd na die teologiese seminarium op Stellenbosch. Einde 1953 op byna 44-jarige ouderdom gelegitimeer, word hy 13.3.1954 as medelelaar van wyle ds C B Brink in die gemeente Johannesburg (Braamfontein) bevestig. Daarna staan hy in Capital Park (1955); Senekal (1958) en Groenkloof (1961); totdat hy 1963 organiseerder van die Christelike Lektuurfonds word – ‘n taak wat hy met groot welslae verrig. In 1966 keer hy as leraar van Bethlehem-Môrelig na die gewone bediening terug, maar van 1971 tot sy aftrede 1.6.1973 om gesondheidsredes is hy weer skakelbeampte van MEMA. Hy en sy eggenote vestig hulle na sy aftrede op Senekal. Met sy forse gestalte, sterk persoonlikheid, aansteeklike geesdrif en voorbeeldige ywer het hy uitnemende dienste aan die saak van Gods Koninkryk gelewer. Vir hom was die verkondiging van Heilsevangelie van kardinale belang, en hy het nooit gehuiwer om vir sy beginsels, sy lewensbeskouing, die tradisies van sy volk en sy godsdiens uit te kom nie. Hy was die samesteller van ‘n preekbundel wat na die dood van dr H F Verwoerd verskyn het. (Jaarboek 1980/245).