Hamel, Friederich Wilhelm

 

gebore

OORLEDE

12 Jun. 1967

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

ORDEN

standplase

EMERITEER

Hy het op 37-jarige leeftyd vir predikant begin studeer, en het met tussenposes as motorwerktuigkundige gewerk. Hy is in 1961 gelegitimeer, en het begin 1962 ‘n beroep as predikant van Pondoland aangeneem (standplaas Mount Ayliff); Sy gemeente het Flagstaff, Bizana, Mount Ayliff, Tabankulu en Lusikisiki ingesluit. ‘n Paar maande voor sy oorlyde was hy ernstig siek in Skiereilandse hospitaal, maar sy toestand het so verbeter dat hy na sy gemeente kon terugkeer om met die werk van die Here voort te gaan. Die aand van 12 Junie 1967, onderwyl hy met gemeentelike werk op pad was van Tabankulu na Lusikisiki, het hy in ‘n bergpas ‘n hartaanval gekry en met sy motor die afgrond afgestort, ten gevolge waarvan hy oombliklik gedood is. Hy was 60 jaar oud.