gebore
25 Okt. 1944
OORLEDE
04 Mei 1997
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
–
ORDEN
–
standplase
–
EMERITEER
–
Dirk Christoffel Guelpa is ‘n inspirerende voorbeeld van iemand wat, ondanks geweldige beproewinge en teenspoed in die lewe, oorwinnaar in Christus Jesus gebly het en steeds sy lewe en sy roeping ten volle met blymoedigheid geleef het.
Hy is op 25 Oktober 1944 op Ladysmith gebore as seun van ‘n treindrywer en is na die Skool vir Blindes op Worcester gestuur. Hy is reeds sedert sy agtste jaar as blind gesertifiseer. Slegs een van die vyf kinders van sy ouers het normale visie gehad. Hy is gebore met die oogsiekte Makulere Degenerasie waardeur sy sig geleidelik verswak is.
Ten spyte hiervan het hy ‘n sterk roeping ontvang om predikant te word en is by in 1963 na Stellenbosch waar hy sy BA- en BTh-grade verwerf het en in 1969 gelegitimeer is. Op 21 Maart 1970 word hy in Randfontein-Noord bevestig, waar by sewe jaar arbei. In September 1977 aanvaar hy ‘n beroep na Meyerton, waar by tot met sy demissie en emeritering om gesondheidsredes in Maart 1988, met seen werk.
Sy gestremdheid en probleme het by op ‘n merkwaardige manier te bowe gekom. Sy studies het by hoofsaaklik met behulp van bandopnames voltooi. In die ge- meentes het hy ‘n Braillebybel van die kansel gelees en aanvanklik sy preke voorberei met behulp van ‘n vergrootglas en bandopnames. Later het hy ‘n geslotekring televisie-apparaat gebruik wat die letters uitermate vergroot het. Hy het ruim- skoots gebruik gemaak van mense wat horn wou help en dit het weer vir ander mense die geleentheid geskep om vir hom en vir die evangelie tot diens te wees.
Behalwe sy sigprobleem is stembandkanker aan die einde van 1987 by horn gediagnoseer. As gevolg daarvan het by ‘n laryngektomie (verwydering van die stemkas en stembande) ondergaan met ‘n permanente opening direk in die keel in die lugpyp. ‘n Stemprostese is toe ingeplant om spraak moontlik te maak. In 1996 is, by die soveelste herhaling van die kanker en vernouing van sy keel weens bestraling, ‘n gastrostomie gedoen waardeur ‘n voedingsbuis direk in sy maag geInstalleer is aangesien by nie meer voedsel deur sy keel kon inneem nie.
‘n Mens sou verwag dat iemand wat soveel dinge teen horn het: uiters beperkte visie, volledige stemloosheid en slegs met moeite voedsel inneem, in sak en as sou gaan sit en homself bejammer. Maar nee, toe Dirk Guelpa nie meer kon praat of preek nie, het by begin skryf en so God se Naam verheerlik en ‘n ongelooflike blymoedigheid uitgestraal. So het by op ‘n besondere manier ander mense se lewens beInvloed.
Die bedieningsdrang het nog sterk by horn gefunksioneer. Hy kommunikeer nog steeds met mense deur midddel van lip- spraak, gebaretaal, tikmasjien, rekenaar- met skrif op skerm, rekenaar met stemge- riewe en ‘n rekenaar notaboek. Die diep waters waardeur hyself gegaan het het ‘n besondere geloofwaardigheid aan sy woorde gegee.
Na hulle aftrede gaan woon by en sy vrou in die gemeente Suikerbos in Vereeniging. Hy tree eers (sedert 1988) as pastorale berader in die gemeente op. Toe hy sy stern heeltemal verloor, beskou hy sy skryfwerk as sy derde loopbaan wat toe begin het. Hy skryf onder andere die volgende boeke: Toon dan dat julle heilig is; ‘n Belofte van liefde; Selfs soeter as heuning, en ‘n week na sy dood verskyn sy boekie: 101 Ewigheids-waarhede vir besige mense. Selfs op sy begrafnis is, op sy versoek, ‘n stukkie wat by geskryf het, uitgedeel waarin by die rol van sy geloof in sy lewenskrisisse bely.
Vir hom was die geheim van die lewe dat ‘n mens se lewensinstelling bepalend is van hoe jy elke situasie ervaar en hanteer. Nerens is tekens van opstandigheid by horn te bespeur nie. Hy het vrede gernaak met die lewe wat God horn gegee het. In alles wat by ervaar het, was sy lewe steeds gekenmerk deur blydskap en dankbaarheid. `Ek voel ek word bederf omdat die Here dit vir my in so n oormaat gee,’ het by gese. Watter merkwaardige genadegawe was by nie aan ons nie!
In al hierdie omstandighede en beproewinge was hy baie afhanklik van sy vrou, Christie (Christina Frederika Verster) met wie by op 28 November 1971 getroud is. Sy het hom uiters getrou in alles bygestaan. Alle eer kom haar toe. Hy laat haar en drie kinders, Rinaldo, Willem en Christina, agter. – (Verwerk deur DJ Viljoen uit artikels van Malinda Lazen by en JJ Louw.)