gebore
29 Jan. 1871
OORLEDE
26 Mrt. 1959
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1898
ORDEN
1900
standplase
1906 Venterstad
1914 Herold
1929 Paterson
EMERITEER
1937
Ds. Coenraad Luttig Grundlingh is op 29 Januarie 1871 op Britstown gebore. Sy eerste werkkring as jong proponent was in die gemeente Greytown, Natal, waar hy in die jaar 1900 aangekom het. In dieselfde jaar het hy hom ‘n beroep na Cedarville laat welgeval; later het hy met groot vrug ook in die gemeentes Venterstad, Herold en Paterson gearbei. Hy het in 1937 sy emeritaat aanvaar.
Daarna het hy nog in verskeie gemeentes aan die Rand gehelp, later ook in Port Elizabeth. Op 26 Maart 1959 is hy in die ouderdom van 88 jaar oorlede.