Grove, Jan Gysbert

Ds. Grove Jan

gebore

2 Des. 1903

OORLEDE

1 Jul. 1977

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1937

ORDEN

1938

standplase

 1938 Prins Albert (Hpr.)

1944 Protektoraat

1947 Nigel

EMERITEER

1962

Ds Jan Gysbert Grove (2.12.1903-1.7.1977); is op Bruwershoek in die distrik Harrismith gebore. Hy voltooi sy skoolopleiding op Ficksburg en gee enige jare onderwys voordat hy na Stellenbosch gaan om hom vir die evangeliebediening voor te berei. Einde 1937 gelegitimeer, help hy in die gemeentes Volmoed en Ventersburg voordat hy 16.7.1938 as hulp-prediker op Prins Alben georden word. Daar bly hy 3½ jaar en toe werk hy tydelik op Prince Alfred Hamlet en in Brakpan. Daarna word hy vroeg 1944 die eerste leraar van die nuutgestigte gemeente Protektoraat (nou Lobatse) in die destydse Betsjoeanalanden 1947 die opvolger van die eerste predikant van die jong gemeente Nigel, waar hy 1963 weens swak gesondheid aftree en hom ook vestig. Sy lang en swaar lyding dra hy met berusting en as vrome, diep geestelike, maar ook opgewekte en blymoedige praktiese gelowige, getuig hy oral waar hy kan, eenvoudig en opreg van Christus. (Jaarboek ).