gebore
–
OORLEDE
29 Aug. 1957
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1935
ORDEN
1937
standplase
Spoorwegleraar
O.V.S.; 1942 Vrede (Hpr.)
1945 Vaalharts (Hpr.)
1946 Hartswater
EMERITEER
–
Ds. Jacobus Stephanus Grove is in 1935 gelegitimeer. Van 1937 tot 1942 was hy spoorwegleraar van die Vrystaatse Kerk; daarna het hy as hulpleraar gearbei, eers in Vrede en daarna in Vaalharts. In 1946 het hy die eerste leraar van die pasgestigte gemeente Hartswater geword. In die elf jaar wat hy daar gearbei het, is verskeie kerksale sowel as ‘n pastorie opgerig en is ‘n begin gemaak met die bou van ‘n kerk. Sedert die begin van 1957 het sy gesondheid egter begin verswak. Dit was hom nog beskore om op 10 Augustusdie hoeksteen van die nuwe kerkgebou te lê, maar daarna het hy na sy krankbed teruggekeer, en op 29 Augustus1957 is hy op betreklik jeugdige ouderdom oorlede. “In die bewussyn van almal wat hom geken het, is daar veral een indruk deur ds. Grove en sy eggenote gelaat, nl. die van die Christen wat aI sy sterkte in die Here vind.”