GROOTHOEK-HOSPITAAL, ZEBEDIELA

Die Groothoek-Hospitaal lê aan die groot en beroemde Zebediela-landgoed. Die hospitaal is plus-minus dertig myl van Pietpotgietersrus en plus-minus veertig myl van Pietersburg en is gebou in 1940. Die hospitaal bedien die die plaaslike inwoners en die sowat 3000 werkers van Zebediela, sowel as die blanke personeel en honderde jong blanke dogters wat in die pakhuise werk. Die hospitaal maak voorsiening vir 140 beddens.