gebore
29 Sep. 1878
OORLEDE
7 Aug. 1938
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1908
ORDEN
1915
standplase
1909 Njassaland
1915 Noord-Rhodesië
1928 Thaba Nchu
1938 Bulawayo
EMERITEER
–
Eerw. Michiel Daniel Otto Groenewald is gebore te Boshof op 29 September 1878. Sy opleiding tot die Evangeliebediening het hy ontvang in die Drosdy op Worcester en in die Opleidingskool op Wellington. Hy is georden op Boshof deur Ds. P. van der Merwe in 1908. Vir twintig jaar het hy verskillende sendingstasies in Noord-Rhodesië bearbei waar hy baanbrekersen selfopofferende werk gedoen het. In die O.V.S. het hy op Thaba Nchu agt jaar lank geseënde werk gedoen totdat hy beroep is na Bulawayo waar hy tot op sy dood ‘n groot en vrugbare werk vir sy Meester verrig het. Sy blymoedige en self-opofferende lewe het skielik op aarde geëindig op Sondagaand, 7 Augustus 1938, toe hy op weg was na Godshuis om sy boodskap van liefde te bring aan die gemeente.