gebore
26 Jun. 1915
OORLEDE
18 Jul. 1976
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1938
ORDEN
1938
standplase
1938 Namakwaland
1940 Willowmore-Rietbron
1943 Burgersdorp
1945 Richmond
1948 Riviersonderend
1953 Worcester
1957 Bultfontein
1963 SchweizerReneke
1966 Senekal-Noord
Des. 1974 Thaba Nchu (NGKA)
EMERITEER
–
Ds Bernardus Hermanus (Ben) Groenewald (26.6.1915 18.7.1976) bearbei in sy gewone bediening van ses-en-twintig jaar in die Ned Geref Sendingkerk nie minder as nege gemeentes nie: Namakwaland (1938); Willowmore-Rietbron (1940); Burgersdorp (1943); Richmond (1945); Riviersonderend (1948); Worcester (1953); Bultfontein (1957); Schweizer-Reneke (1963) en Senekal-Noord (1966); Desember 1974 word hy leraar van die gemeente Thaba ‘Nchu van die Ned Geref Kerk in Afrika, met opdrag die beheer en administrasie van die Barend van Rensburg-Kinderhuis en die Boiketlong-Ouetehuis aldaar. As buitengewoon goeie organiseerder en administrateur werk hy met groot toewyding en deeglikheid en laat hy oral diep spore na. Sy opregte nederigheid en vriendelikheid sal vir baie steeds tot besieling dien. Ook hy sterf heel skielik aan ‘n hartaanval. (Jaarboek 1977/310).