Grobler, Stephanus Adriaan

Ds. Grobler Stephanus

gebore

14 Jan. 1908

OORLEDE

8 Aug. 1951

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1936

ORDEN

1939

standplase

Durban (Hpr.)

1941 Noordkus

1942 Babanango

1948 Dendron

EMERITEER

Ds. Stephanus Adriaan Grobler is gebore op 14 Januarie 1908. Na sy legitimasie in 1936 was hy as hulpprediker werksaam in die gemeentes Volksrust, Voortrekker-hoogte, Belfast en Durban. In die jaar 1939 is hy georden as hulpprediker van Durban en in 1941 is hy as leraar van Noordkusbevestig. In 1942 is hy na Babanango, waar hy besondere ywer vir die sendingsaak en veral Dingaanstat aan die dag gelê het. In 1941 is hy na Dendron, waar hy gearbei het tot aan sy vroeë heengaan te Pretoria op 8 Augustus 1951. Hierdie nederige, toegewyde en ywerige dienskneg, van die Here se talente is deur sy Kerk erken en hy is o.a. deur die Sinode op die Algemene Armesorgkommissie geplaas; hy het ook sy Ring tot aan sy dood as scriba gedien. In 1940 is hy getroud met mej. Anna van den Berg. Uit die huwelik is twee seuntjies, Nico en Danie gebore.