Grobler, Matthys

 

gebore

16 Apr. 1924

OORLEDE

17 Jun. 1992

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1948

ORDEN

1949

standplase

 1949 Olifantshoek

1959 Herold

1964 Rietbron

EMERITEER

Ds Matthys Grobler, BA, (16.04.1924- 17.06.1992); Matthys Grobler is op 16 April. 1924 in die omgewing van Jansenville in die Oos-Kaap gebore. In hierdie leraar se eie taal was hy ‘n boorling van die noorsveld, waar hy ook in 1940 matrikuleer. Hy studeer eers B.Comm aan die Universiteit van Stellenbosch, maar kon hom nie losmaak van die roeping van kinds- been af om predikant te word nie. Tydens sy studies aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch, behaal hy ook die BA-Honneurs in Wysbegeerte. Aan die einde van 1948 word hy en 36 ander studente as predikante gelegitimeer, een van die eerste groot klasse aan die Kweekskool. Op 24-jarige leeftyd word hy op 31 Maart 1949 met handoplegging op Olifantshoek bevestig. Hy trou later die jaar met Mare Kotze van Piketberg. Tydens hulle verblyf in die gemeente is vier. seuns gebore, waaronder ‘n tweeling. ‘n Dogter word later te Herold gebore, waarheen hy in 1959 ‘n beroep aanvaar het. In 1954 neem hy ‘n beroep aan na Rietbron in die Karoo waarvandaan hy in 1969 ‘n beroep na Sondagsrivier (Kirkwood) aangeneem het. Op 27 Maart 1983 neem hierdie getroue dienskneg van die Here sy vervroegde emeritaat weens swak gesondheid. Die egpaar was daarna woonagtig in Port Elizabeth. Hy skryf self van die tyd na sy aftrede: “Deur die wonderlike genade van ons Heer het ek weer so herstel dat elke dag vir my en sy vrou ‘n dag vol dankbaarheid is, vir al die seën en genade uit sy Vaderhand ontvang.” Hy is op ag en sestig jarige leeftyd oorlede op 17 Junie 1992.