gebore
11 Jun. 1915
OORLEDE
9 Apr. 1983
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1941
ORDEN
1944
standplase
1942 Roodepoort (Hpr.)
1943 Turffontein (Hpr.)
1944 Dullstroom
1946 Grootfontein
1950 Malopo
1961 Voorwaarts
EMERITEER
–
Ds Johannes Petrus Grobler (11.6.1915- 9.4.1983); wat in 1941 een van die eerste groep proponente uit die Teologiese Fakulteit (B) van die Universiteit van Pretoria was, was die eerste van die vyf stuks wat afgetree het en nou ook die eerste wat oorlede is. Na sy toelating werk hy eers byna drie jaar as hulpprediker in Roodepoort (1942-1943) en Turffontein (1943-1944) aan die Rand en daarna volg sy dienstyd van nog 33½ jaar in vyf Transvaalse gemeentes en een in Suidwes-Afrika: Dullstroom (26.8.1944 bevestig); Grootfontein (1946); Malopo (1950); Voorwaarts (Vereeniging) (1961); Derdepoort (1971) en Bergtuin (Pretoria) (November 1974); Op 28.2.1978 aanvaar hy om gesondheidsredes sy emeritaat, maar tot sy oorlye in Pretoria lewer hy nog as hospitaalarbeider in die stad gewaardeerde diens. Een van sy seuns is ds H S Grobler van Elkana en ‘n ander een is nog met sy teologiese studie besig.